Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Britse Ope waarskynlik ook uitgestel

Die organiseerders van die Britse Ope kyk na verskeie opsies, waarvan een die oorweging is om ook dié major uit te stel.

Die Royal St. George-baan in Engeland wat vanjaar die gasheer is vir die 149ste Britse Ope. Foto: Getty Images

Die Covid-19-pandemie het reeds meegebring dat wêreldgholf se drie ander grotes – die Amerikaanse Meesterstoernooi, PGA-kampioenskap en Amerikaanse Ope – onbepaald uitgestel is.

Martin Slumbers, uitvoerende hoof van die R&A, het Donderdag gesê die 149ste Britse Ope, wat vanjaar van 16 tot 19 Julie by Royal St. George in Engeland beslis word, sal dalk ook uitgestel moet word.

“Ons werk deur verskeie opsies, maar dit is ’n tydrowende proses weens ’n verskeidenheid eksterne faktore.

“Natuurlik is ons deeglik bewus van hoe belangrik dit is om ondersteuners, spelers en almal wat betrokke is, spoedig terugvoer te gee.

“Ons poog om dit so gou moontlik te doen en ons wil almal bedank vir hul begrip en ondersteuning in die uitdagende tyd.” – Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Gholf  |  Britse Ope  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.