Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Britse Ope weens virus gekanselleer

Brittanje is in sy somermaande gewoonlik ’n paradys vir sportliefhebbers – maar vanjaar sal dié spreekwoordelike Eden ’n woestyn wees, met die nuus dat die Britse Ope-gholftoernooi ook van die baan is.

Die Ier Shane Lowry, wat die Claret Jug verlede jaar in Noord-Ierland gewen het, sal nie vanjaar sy Britse Ope-titel kan verdedig nie. Foto: Getty Images

Die R&A, wat dié Grand Slam-kampioenskap organiseer, het Maandagmiddag in ’n verklaring gesê hulle het besluit om die toernooi te midde van die Covid-19-pandemie te kanselleer.

“Die Ope sou van 12 tot 19 Julie in Kent plaasgevind het, maar ons het geen ander keuse nie as om dit te kanselleer gegrond op advies van Brittanje se regering, die gesondheidsowerhede, openbare dienste en die R&A se adviseurs. Die 149ste Ope sal nou van 11 tot 18 Julie 2021 plaasvind,” lui die verklaring.

Die toernooi sal steeds volgende jaar by Royal St. George’s gehou word, wat ook vanjaar die gasheer sou wees. St. Andrews, wat aanstaande jaar die gasheer sou wees, sal die gholfwêreld nou eers in 2022 verwelkom.

Soos die Wimbledon-tennistoernooi, wat verlede week gekanselleer is, word die Britse Ope vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog gekanselleer. Die R&A sê alle kaartjies en gasvryheidspakkette wat vir vanjaar se Ope aangekoop is, sal na aanstaande jaar oorgedra word.

“Ons absolute prioriteit is om die gesondheid en veiligheid van ons ondersteuners, spelers, beamptes, vrywilligers en personeel betrokke by die Ope te beskerm,” sê Martin Slumbers, uitvoerende hoof van die R&A.

“Ons gee baie om vir die Kampioenskap en het hierdie besluit met ’n swaar hart geneem. Ons besef dat dit vir baie mense ’n groot teleurstelling sal wees, maar ons moet verantwoordelik optree. Dit is die regte ding om te doen. Ek kan almal verseker dat ons elke opsie oorweeg het om steeds vanjaar die Ope aan te bied, maar dit sal nie moontlik wees nie.”

Meer oor:  Gholf  |  Britse Ope  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.