Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Bryson klop aan Ryderbeker-deur

Die 24-jarige Bryson DeChambeau het bewys dat hy ’n waardige kapteinskeuse in Amerika se Ryderbeker-span vir volgende maand se toernooi teen Europa kan wees.

Bryson DeChambeau soen sy trofee ná sy sege in die Northern Trust-ope in die VSA. Foto: AP

DeChambeau, wat nie een van die agt spelers is wat outomaties vir die VSA se span gekwalifiseer het nie, het Sondag die Northern Trust-ope in New Jersey met vier houe gewen.

Dié toernooi was ook die eerste in die uitspeelstryd om die Fedex-beker.

Sy toernooi-telling was 266 (18 houe onder die baansyfer). Sy landgenoot Tony Finau, wat ook sterk in die Ryderbeker-gesprek is, het tweede geëindig met ’n totaal wat 14 houe beter as baansyfer was. Cameron Smith (Australië) en Billy Horschel (VSA) was gesamentlik derde.

Toe DeChambeau gevra is of hy dink hy kan die Ryderbeker-span haal, het hy geantwoord: “Wat ook al gebeur, sal gebeur. Ek sal volgende week weer my bes probeer lewer en kyk wat dan gebeur.”

Jim Furyk, Amerika se Ryderbeker-kaptein, sal hom gewis fyn dophou met die oog op die toernooi wat van 28 tot 30 September in Parys beslis gaan word. – Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Ryderbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.