Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Bykomende motivering in Royal Swazi
Selwyn Nathan, , uitvoerende direkteur van die Sonskynreeks. Foto: Gallo Images

Die 50ste Royal Swazi Ope-gholftoernooi, wat Woensdag op Sun City se Gary Player-buiteklub begin het, is vanjaar die ideale voorbereiding vir die Suid-Afrikaanse Ope, wat in Desember op dieselfde baan beslis gaan word.

Die Royal Swazi is die eerste beroepstoernooi in die Sonstad sedert die Gary Player-baan in September ná die verslapping van die regulasies van die Covid-19-inperking heropen het.

“Dit is ’n toernooi wat al baie jare ’n instelling in die Sonskynreeks is en dit verdien sy plek in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse gholf,” sê Selwyn Nathan, uitvoerende direkteur van die Sonskynreeks.

Die Gary Player-buiteklub waar die 50ste Royal Swazi Ope-gholftoernooi die week gespeel word. Foto: Verskaf

Met dié baan, wat oor net meer as ’n maand gasheer vir die nasionale ope speel, sal die spelers die toernooi met selfvertroue wil afsluit.

Dit is ook die laaste toernooi voor die Joburg Ope en Alfred Dunhill-kampioenskap, wat soos die Suid-Afrikaanse Ope in samewerking met die Europese reeks aangebied word.

Weens reisbeperkings kan die Royal Swazi Sun-buiteklub nie vanjaar die toernooi aanbied nie.

Dit is nie die eerste keer dat die toernooi in Suid-Afrika gespeel word nie.

In 2002, toe Mark McNulty die Royal Swazi Ope met ’n telling van 61 houe in die laaste ronde gewen het, is die toernooi by die Wild Coast Sun-buiteklub aangebied. – Sonskynreeks, Sportredaksie

Meer oor:  Selwyn Nathan  |  Pilansberg  |  Royal Swazi Ope  |  Sun City  |  Sonskynreeks  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.