Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Schwartzel maak stem dik in PGA

Dis mos meer soos die Charl Schwartzel wat ons ken!

Die Suid-Afrikaanse vlag wapper trots by die Bellerive-buiteklub in St. Louis, Missouri nadat die Johannesburger Schwartzel Vrydag teen die voorlopersbord van die Amerikaanse PGA-kampioenskap opgestorm het.

’n Welverdiende glimlag! Charl Schwartzel het Vrydag teen die voorlopersbord van die Amerikaanse PGA-kampioenskap opgestorm, toe hy agt voëltjies in ’n ronde van 63 (-7) aangeteken het. Foto: Getty Images

Die 33-jarige Johannesburger was in die derde posisie toe hy sy tweede ronde Vrydag afgesluit het, nadat hy agt voëltjies in ’n skitterronde van 63 (sewe houe minder as baansyfer) aangeteken het. Hy was op 133 (-7) drie houe agter die klubhuisvoorloper, Gary Woodland (66).

Met die uitsondering van ’n hikkie by die sesde putjie, waar hy drie keer geset het om ’n brouhou aan te teken, het Schwartzel nie ’n voet verkeerd gesit nie. Op ’n oggend gemaak vir lae tellings het hy veral op die skoonvelde en setperke goed stem dik gemaak en gehelp om geskiedenis te maak.

Vir die eerste keer in 38 jaar (en net die tweede keer ooit) het twee spelers op dieselfde dag ’n telling van 63 op hul telkaarte ingevul. Jack Nicklaus en Tom Weiskopf was die laaste duo om so te maak, by die Amerikaanse Ope van 1980.

Branden Grace. Foto: Getty Images

Boonop het Schwartzel, Koepka (wat op 8-onder klaargemaak het) en Kevin Kisner (op 9-onder ná ’n 64) almal in ’n stadium ’n kans gehad om die major-rekord van 62 wat Branden Grace verlede jaar opgestel het, te ewenaar.

Kisner se kans het verdamp toe hy ’n brouhou by sy laaste putjie aangeteken het, terwyl Schwartzel en Koepka albei lang voëltjie-sethoue gemis het.

* Schwartzel is nie die enigste Suid-Afrikaner wat hard brul by Bellerive nie. 

Die 25-jarige Brandon Stone is ook steeds stewig in die wedloop op 6-onder, ná ’n ronde van 68 (-2) wat drie voëltjies en ’n brouhou ingesluit het.
Meer oor:  Gholf  |  Charl Schwartzel  |  Pga  |  Bellerive
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.