Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Charlie Woods volg in pa se voetspore
Tiger Woods en sy seun, Charlie Foto: Getty Images

Tiger Woods se 11-jarige seun het die naweek op ’n gholftoernooi gewys dat die appel nie ver van die boom val nie.

Charlie Woods het nes sy pa sake op die baan oorheers toe hy aan ’n toernooi vir kinders op die Hammock Creek-gholfbaan in Palm City, Florida, deelgeneem het.

CNN.com berig Charlie het al sy teenstanders in die seunsafdeling vir 11-jariges laat les opsê en ’n telling van 33 houe oor nege putjies (drie minder as die baansyfer) aangeteken. Hy het met drie voëltjies geëindig en vyf houe beter as sy naaste teenstander gevaar.

Woods (44) was ook by die toernooi en is afgeneem waar hy sy seun se sak gedra het.

Dit is nie die eerste keer dat hy as joggie vir sy seun opgetree het nie.

In Januarie het Charlie balle geslaan terwyl sy pa hom bystaan voor ’n ander toernooi in Florida.

Hy begin nou verstaan hoe om te speel. Hy vra die regte vrae.
Tiger Woods

Woods het ook in Julie aan GolfTV gesê dat hy dit geweldig geniet om saam met sy seun op die gholfbaan te wees.

“Hy begin nou verstaan hoe om te speel. Hy vra die regte vrae,” sê Woods.

Hy en sy gewese vrou, Elin Nordegren, het ook ’n dogter, Sam (13). – Sportredaksie

Meer oor:  Tiger Woods  |  Amerika  |  Seun  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.