Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Christiaan kook; Rose voor by Augusta

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Christiaan Bezuidenhout het Donderdag ’n puik vertoning gelewer in die eerste ronde van die Amerikaanse Meesterstoernooi.

Christiaan Bezuidenhout was op sy kop in die eerste ronde by Augusta. Foto: Getty Images

Bezuidenhout tel onder slegs 11 van die 88 mededingers wat die eerste ronde onder baansyfer voltooi het.

Die Suid-Afrikaanse Ope-kampioen het sy dag op die Augusta National-baan in 70 houe voltooi, twee minder as baansyfer. Hy bevind hom in die gesamentlike vierde plek, vyf houe agter die voorloper, Justin Rose.

Dié Engelsman se telling was ná sewe putjies +2, maar hy het sake summier omgekeer met ’n arend op die agtste.

Rose het daarna sewe voëltjies by sy telling gevoeg om sy ronde in 65 houe te voltooi.

Hy geniet ’n voorsprong van vier houe oor Japan se Hideki Matsuyama en Brian Harman van die VSA.

Die ander Suid-Afrikaners by Augusta was minder indrukwekkend as Bezuidenhout.

Charl Schwartzel, die kampioen in 2011, het op +2 geëindig, terwyl Dylan Frittelli se telling op 76, vier oor baansyfer, staan. Louis Oosthuizen het dieselfde telling aangeteken en is saam met Frittelli in die gesamentlike 60ste plek.

VOLLEDIGE UITSLAE

– Sportredaksie

Meer oor:  Meesters  |  Gholf  |  Christiaan Bezuidenhout  |  Amerikaanse Meesters  |  Pga  |  Justin Rose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.