Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Bezuidenhout se wáre vuurdoop

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Christiaan Bezuidenhout het reeds sy Meesters-vuurdoop in November verlede jaar gehad.

Christiaan Bezuidenhout soen sy Suid-Afrikaanse Ope-trofee. Foto: Gallo Images

Maar sy wáre toets begin egter Donderdag, wanneer dié major-toernooi weer sy gebruiklike April-posisie op die kalender inneem.

Dit gaan ’n héél ander uitdaging bied aan die Suid-Afrikaanse Ope-kampioen en Dylan Frittelli, Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel, sy drie landgenote wat ook op Augusta National aantree.

Bezuidenhout, 35ste op die wêreldranglys, is nou op ’n plek in sy loopbaan waar hy nie meer onder die buiteperde in toernooie – ook die majors – tel nie.

Hy is ’n realistiese aanspraakmaker ná opeenvolgende oorwinnings verlede jaar in die Alfred Dunhill Kampioenskap en die Ope, albei onder die vaandel van die Europese reeks.

In November se gunstiger toestande het hy die afsnypunt in die Meesters oorleef en ná tellings van 69, 73 en 74 die toernooi met ’n 71 afgesluit om in die gesamentlike 38ste plek te eindig.

Frittelli het die beste onder die Suid-Afrikaanse kontingent gevaar met ’n puik gedeelde vyfde plek, wat sy terugkeer vanjaar verseker het.

Oosthuizen het 23ste geëindig en is weer genooi omdat hy onder die voorste 50 spelers op die wêreldranglys is.

Schwartzel, die Meesters-kampioen in 2011, het in November in die 25ste plek klaargemaak.

Maar dié keer wag ander weerstoestande as vyf maande gelede, ’n veel moeiliker baan met harder skoonvelde en fermer setperke. En natuurlik toeskouers, wat in November weens Covid-19 besoekreg ontsê is. – TeamTalk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.