Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Christiaan spring ver op wêreldranglys

Christiaan Bezuidenhout het ’n dramatiese sprong op die jongste wêreldranglys gemaak ná sy klinkende oorwinning in die Andalusiese Meesterstoernooi in Spanje.

Christiaan Bezuidenhout was nommer een in die pas afgelope Andalusiese Meesterstoernooi en het danksy daardie oorwinning sy posisie op die wêreldranglys aansienlik verbeter. Foto: Getty Images

Danksy sy sege met ses houe, sy eerste in ’n toernooi in die Europese reeks, het hy 133 plekke op die ranglys geklim en beklee hy nou die 140ste plek.

Aan die begin van die jaar was die 25-jarige Bezuidenhout nog ’n beskeie 521ste op die ranglys, maar het hy in die regte rigting begin beweeg met ’n gesamentlike vierde plek in die Indiese Ope en ’n gesamentlike derde plek in die BMW International-toernooi in Duitsland verlede maand.

Louis Oosthuizen is steeds Suid-Afrika se voorste speler op die wêreldranglys en beklee tans die 21ste plek.

Justin Harding (49), wat vroeër vanjaar in sy eerste Amerikaanse Meesterstoernooi uitgeblink het, is SA se enigste ander speler in die top-50.

Branden Grace, wat twee jaar lank ’n top-20-speler was, het uitgesak tot die 60ste plek op die ranglys.

Die Amerikaner Brooks Koepka is steeds los voor op die ranglys, gevolg deur sy landgenoot Dustin Johnson en die Noord-Ier Rory McIlroy.

Die wêreld se voorste spelers sal mekaar van 18 Julie af in vanjaar se Britse Ope-toernooi by Royal Portrush in Noord-Ierland die stryd aansê.

– Sportredaksie

Meer oor:  Gholf  |  Christiaan Bezuidenhout
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.