Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Covid-19: NS-ope ook daarmee heen

Die Covid-19-pandemie het nog ’n internasionale sportbyeenkoms in die slag laat bly, maar ironies genoeg dié keer in ’n land waar sport al vir maande lank beoefen word en toeskouers selfs by wedstryde toegelaat word – Nieu-Seeland.

Danny Lee, een van Nieu-Seeland se voorste spelers, is deur die Covid-19-pandemie van die kans beroof om volgende jaar in sy land se nasionale ope te speel. Foto: Getty Images

Die organiseerders van volgende jaar se Nieu-Seelandse Ope-gholftoernooi, wat in Februarie op twee bane in die dorp Queenstown aangebied sou word, is afgelas.

Volgens John Hart, hoof van dié toernooi se reëlingskomitee, het die feit dat Nieu-Seeland se grense nog gesluit is vir oorsese besoekers, hulle met geen ander keuse gelaat nie.

Hy sê meer as 300 buitelanders, wat spelers, joggies, afrigters en lede van die media insluit, sou na Queensland gereis het vir die toernooi.

Nieu-Seeland laat in dié stadium slegs in uitsonderlike gevalle buitelanders toe om die land binne te gaan en daar word van daardie persone vereis om eers 14 dae in kwarantyn deur te bring in regeringsgeriewe.

Die vier grootste gholftoernooie in Australië, wat ook geskeduleer is om in Februarie plaas te vind, is vroeër reeds afgelas, wat ’n groot terugslag vir die spel in Australasië is. – Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Nieu-Seeland  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.