Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Daly onttrek aan Britse Ope oor gholfkar

John Daly, ’n tweemalige major-kampioen, het hom aan aanstaande week se Britse Ope onttrek nadat die toernooi-organiseerders sy versoek afgekeur het om van ’n gholfkarretjie gebruik te maak.

John Daly het tydens die PGA-kampioenskap in Mei van ’n gholfkarretjie gebruik gemaak. Foto: Getty Images

Daly, wat las het van artritis in sy regterknie, het in Mei ’n karretjie gebruik toe hy aan die Amerikaanse PGA-kampioenskap deelgeneem het. Hy het dít ingevolge die Amerikaanse wet op gestremdhede gedoen.

Volgens die BBC het die Royal & Ancient-gholfklub (R&A) Saterdag Daly se versoek afgekeur. Die 53-jarige Amerikaner, wat die Britse Ope in 1995 gewen het, het toe gesê hy sal ondanks erge pyn speel, maar het intussen van plan verander.

Die R&A sê die terrein by die Royal Portrush-baan in Noord-Ierland is nie geskik vir gholfkarretjies nie en dat niemand by die klub toegelaat word om dit te gebruik nie.

Die Amerikaner Kevin Streelman sal sy landgenoot se plek in die toernooi neem.

Daly, as ’n voormalige kampioen, kwalifiseer tot en met sy 60ste verjaardag outomaties om in die ope te speel.

Dié toernooi, wat volgende Donderdag begin, keer vanjaar vir die eerste keer in 68 jaar terug na Royal Portrush. – Reuters

Meer oor:  John Daly  |  Gholf  |  Britse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.