Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
DeChambeau sê sy ‘brein oorverhit’

Bryson DeChambeau beweer die “mal oorverhitting” van sy brein weens toernooi-stres en gesondheidskwessies het veroorsaak dar hy duiselig in 2020 se Meesters gevoel het.

Bryson DeChambeau is bekend vir sy intense, wetenskaplike benadering tot gholf. Foto: Getty Images

Hy sê hy het ’n manier gevind om die probleem op te los.

Dié fris Amerikaanse gholfspeler het in November gesamentlik in die 34ste plek geëindig en het geen antwoorde gehad vir sy duiseligheid by die Augusta National-baan nie. Hy het destyds aangevoer dat hy in staat was om op “slegs 60%” te funksioneer.

DeChambeau (27) het meer as 10 kg se spiermassa tydens die inperking opgetel en dit was ’n teleurstellende poging in die laaste major-toernooi van die seisoen nadat hy vroeër in die Amerikaanse Ope geseëvier het.

“Ek het verskeie dokters geraadpleeg ... ek het baie breinoefeninge gedoen en my frontale breinlob het hard gewerk. Dit het veroorsaak dat ek ’n vreemde simptome ontwikkel, soos mal oorverhitting,” sê hy.

“Ons het inflammasie in my maag geïdentifiseer weens die veranderinge wat ek gemaak het. So dit was ’n kwessie, asook die stres van die toernooi. Dit was ’n kombinasie van ’n paar dinge wat my brein ooreis het, dit was oorwerk en het uiteindelik ingegee.

“Soos ek mettertyd my brein ontspan het en danksy ’n beter slaaproetine het baie van daardie simptome verdwyn. Hulle het af en toe teruggekeer, maar ek doen baie asemhalingsoefeninge en dit het gehelp. Dit is die antwoord in die toekoms.”

DeChambeau neem van 4 tot 7 Februarie aan die Saudi International-toernooi deel. – Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Pga  |  Bryson Dechambeau
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.