Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Dié trekker gaan nie aangeskakel word

Die John Deere Classic-gholftoernooi, wat in Julie in Illinois sou plaasvind en wat die vyfde toernooi in die Amerikaanse PGA se nuwe skedule sou wees, is weens dié deelstaat se uitdagings met die Covid-19-pandemie gekanselleer.

Die John Deere Classic is een van die Suid-Afrikaner Louis Oosthuizen se gunstelingtoernooie in die Amerikaanse PGA-reeks. Foto: Getty Images

Dit sou ook die eerste toernooi gewees het waar toeskouers weer toegelaat sou word en was veronderstel om van 9 tot 12 Julie plaas te vind.

“Na aanleiding van die gesondheids- en veiligheidskommer oor die virus is die moeilike besluit geneem om vanjaar se toernooi te kanselleer,” het Clair Peterson, die toernooi-direkteur, aangekondig.

“Ons het verskeie alternatiewe oorweeg, maar hierdie besluit het die meeste sin vir ons gaste, die spelers en die gemeenskap gemaak.”

Die PGA-reeks sê die gaping in die kalender sal met ’n alternatiewe toernooi gevul word, wat binnekort aangekondig sal word.

Weens die virus was daar die laaste drie maande geen toernooie nie en die PGA-reeks word van 11 tot 14 Junie met die Charles Schwab-uitdaagtoernooi in Texas hervat. Dit sal die eerste van vier agtereenvolgende toernooie wees waar geen toeskouers toegelaat word nie. – Reuters

Meer oor:  John Deere Classic  |  Pga-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.