Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Dunhill: Schaper maak stem dik
Jayden Schaper Foto: Gallo Images

Net tien maande nadat hy hom by die beroepsgeledere aangesluit het, sal die 19-jarige Jayden Schaper vanoggend opstaan met ’n kans om ’n wenner in die Europese reeks te word.

Schaper is ná 54 putjies van die Alfred Dunhill-kampioenskap by Leopard Creek buite Malelane ’n enkele hou agter die voorloper, Pole se Adrian Meronk, nadat hy behoorlik spiere gebult het in die pylvak van die derde ronde.

Die jong speler het gister drie voëltjies en ’n arend in ’n foutlose ronde van 67 (vyf houe minder as baansyfer) aangeteken vir ’n 54 putjie-totaal van 203 (-13). Dit plaas hom sommer groot in die truspieëltjie van Meronk, wat danksy ’n 71 steeds sy neus voor het op 14-onder.

Schaper moes ná ’n voëltjie by die tweede putjie met 12 syfers in ’n ry tevrede wees. Alles het egter verander toe hy sy naderhou by die syfer-5 15de tot agt voet van die vlaggie slaan – en die sethou sink vir ’n arend.

Schaper se stert was daarna in die lug. By die 17de het hy ’n prag-sethou van 25 voet vir ’n voëltjie gesink en sy derde hou by die 18de tot digby die blikkie geslaan om nóg ’n hou in te win.

Meronk moes nog drie putjies speel en was ’n hou voor Schaper toe dié van die baan afstap, maar hy kon nie dieselfde wonderwerke daar verrig as wat die Oos-Rander het nie.

Sy visier van die bof af het hom in die steek begin laat en die sandkuile het sy bal soos ’n magneet getrek. Goeie setwerk het verhoed dat hy die voortou verloor het.

Nog ’n Suid-Afrikaner wat plaaslike ondersteuners fyn sal dophou, is Christiaan Bezuidenhout, wat twee houe agter Schaper in die derde plek is.

Meer oor:  Jayden Schaper  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.