Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Dustin rol naas Tiger, Phil in prysgeld

Dustin Johnson van die VSA het agter twee gholflegendes ingeskuif op die lys van die PGA-reeks se topverdieners.

Dustin Johnson, die wêreld se voorste gholfspeler. Foto: Getty Images

Die $177 025 wat hy Sondag gewen het vir sy gesamentlike tiende plek by die Palmetto-kampioenskap het gesorg dat hy verby Jim Furyk skuif na die derde plek in PGA-verdienste.

Sy groottotaal van $71,6 miljoen in prysgeld is minder as slegs Tiger Woods ($120,9 miljoen) en Phil Mickelson ($94,6 miljoen).

Furyk ($71,5 miljoen) word gevolg deur die Fidjiaan Vijay Singh ($71,2 miljoen).

Johnson (36) is die voorste speler ter wêreld. Hy het 24 PGA-oorwinnings, insluitende die Amerikaanse Ope in 2016 en die Meesters in 2020. Hy tel onder die gunstelinge by vandeesweek se Amerikaanse Ope op Torrey Pines in San Diego.

Die Spanjaard Jon Rahm word deur DraftKings (+1050) en BetMGM (+1000) as die gunsteling beskou, terwyl Johnson op onderskeidelik +1500 en +1400 tweede is.

Mickelson, wat Woensdag sy 51ste verjaarsdag vier en verlede maand sy 45ste PGA-oorwinning by die PGA-kampioenskap behaal het, is ook ’n mededinger in San Diego.

Woods, met 82 seges, is nog buite aksie nadat hy ernstige beenbeserings opgedoen in ’n motorongeluk in Februarie.

– Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf  |  Dustin Johnson  |  Phil Mickelson  |  Pga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.