Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Els inspirasie vir jonges in sy span

Japan se Shigeki Maruyama glo die veelmalige major-wenner Ernie Els kan die Internasionale gholfspan tot ’n sege aanspoor oor die Amerikaners in volgende week se Presidentebeker-toernooi, net soos Peter Thomson in 1998 gedoen het.

Ernie Els en Tiger Woods met die Presidentebeker tydens die mediadag Maandag by Riverwalk in Melbourne, Australië. Foto: Getty Images

Maruyama het 21 jaar gelede, as groentjie, al vyf sy wedstryde in die spantoernooi gewen toe die kragmeting, net soos vanjaar, op die Royal Melbourne-baan beslis is.

Dit was die Internasionale span se enigste oorwinning in 12 toernooie in die tweejaarlikse kompetisie tot dusver (een het gelykop geëindig).

Suid-Afrika se Els is die kaptein van die span wat die res van die wêreld buite Amerika en Europa verteenwoordig. Die sterk Amerikaanse span word deur die spelende kaptein, Tiger Woods, aangevoer.

“Ek dink Ernie is die regte ou om die spelers tot ’n oorwinning te lei. Vanjaar behoort hulle groot kans te wees. Hy is ’n ware inspirasie,” het Maruyama gesê.

“Daar is baie goeie spelers van Australië en die Asiese spelers behoort by te bly met die topspelers. Ek is bly die Asiese spelers word goed verteenwoordig.”

Die Internasionale span is voorheen oorheers deur Australiërs, maar ’n mengelmoes van spelers is vanjaar gekies. Onder hulle tel An Byeong-hun en Im Sung-jae van Suid-Korea, China se Li Haotong, Japan se Hideki Matsuyama en CT Pan van Taiwan, wat Asië verteenwoordig.

Maruyama was een van slegs twee Asiërs in 1998 se span en het die bynaam “Smiling Assassin” gekry vir sy opgewekte persoonlikheid tydens die toernooi, terwyl hy die een na die ander Amerikaner op die Royal Melbourne-baan opgekeil het.

Maruyama onthou die leierskap van die vyfmalige Britse Ope kampioen Thomson, ’n nie-spelende kaptein soos Els volgende week sal wees, was deurslaggewend vir sy goeie peil.

“Hy het gesê ‘Jy kan dit beslis doen!’ het Maruyama gesê.

“Hy was soos ’n vaderfiguur. Hy was altyd rustig en ’n groot inspirasie gedurende en na die dag se spel.

“Ek was ’n nuweling en elke Amerikaanse speler was ’n superster, maar ek was nie bang vir die kompetisie nie. Ek het besluit, dit sou nie saak maak as ek verloor nie.

“Daarom was ek nie bang nie. Al wat in my hart was, was om die Amerikaanse span te klop.”

’n Internasionale span, met sewe nuwelinge in sy geledere, kan dalk volgende week Maruyama se vreeslose benadering ter harte neem wanneer hy teen ’n Amerikaanse span gelaai met supersterre van die moderne spel te doene kry.

– Reuters

Meer oor:  Presidentebeker  |  Ernie Els  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.