Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Els se spel gee Taiwannees ‘hoendervel’

As Ernie Els hom enigsins voor die Presidentebeker-toernooi aanstaande week in Melbourne bekommer dat hy dalk nie die nodige agting as kaptein van die internasionale span geniet nie, is dit gewis ongegrond as dit by CT Pan kom.

Taiwan se CT Pan vroeër vanjaar in die Britse Ope in aksie. Foto: Getty Images

Dié Taiwannees warm vandeesweek vir die gholftoernooi teen Amerika op deur saam met Els en sy onderkapteins, KJ Choi en Geoff Ogilvy, in die Australiese Ope-toernooi in Sydney te speel.

Toe hy gevra is of hy al planne gemaak het om saam met Els aandete te nuttig sodat hulle mekaar beter kan leer ken, het die 28-jarige Pan erken dat hy “te skaam is” om dit te doen.

“Hy’s soos ’n legende en ’n leier vir my. Dit was ’n groot eer om Dinsdag nege putjies saam met hom, KJ Choi en Abraham Ancer te speel en sy kortspel om die setperke dop te hou.

“Dit het my hoendervel gegee, want hy het al soveel majors gewen en toe ek klein was, het ek hom dopgehou. Dit was rêrig ’n baie lekker ervaring.”

Ernie Els warm Woensdag vir die Australiese Ope in Sydney op. Foto: Getty Images

Pan, wat in April vanjaar sy eerste toernooi in die Amerikaanse PGA-reeks gewen het (die Heritage-toernooi in Suid-Carolina), sê hy wil in die Australiese Ope, wat Donderdag begin, spesifiek aan sy setwerk aandag gee.

Volgens Els is sy planne vir die kragmeting met Tiger Woods en sy Amerikaanse span al ver gevorderd en sal sy spelers se vertonings in die Australiese Ope nie veel van ’n invloed daarop hê nie.

“Die kombinasies (die spelers wat gaan saamspeel) is op my foon en ons het reeds na ’n paar verskillende scenario’s gekyk. Dit maak nie rêrig saak hoe die ouens dié week speel nie, want hulle het reeds die harde werk gedoen om die span te haal.

“Hulle hoef nie meer enigiets te bewys nie. As hulle dié week goed speel, sal dit gaaf wees, maar ons het ons huiswerk gedoen en die ouens wat die span gehaal het, het oor ’n lang tydperk ’n goeie spelpeil gehandhaaf.”

* Die Presidentebeker-toernooi word volgende week van Donderdag tot Sondag op die Royal Melbourne-baan beslis. – Reuters

Meer oor:  Presidentebeker  |  Ernie Els  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.