SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Gholf
Els wil sy slag wys by Leopard Creek

Die gholflegende Ernie Els sal later vandeesmaand een van verskeie Suid-Afrikaanse sterre wees wat in die Alfred Dunhill-kampioenskap by die Leopard Creek-buiteklub afslaan.

Ernie Els sal later dié maand sy visier op die Alfred Dunhill-kroon hê. Foto: Getty Images

Dié voormalige nr. 1 in wêreldgholf en wenner van die Alfred Dunhill-titel in 2005, sluit hom by drie voormalige kampioene – Brandon Stone (2016), Garth Mulroy (2011) en Richard Sterne (2008) – aan in Malelane.

Die toernooi word van 28 November tot 1 Desember beslis.

Zander Lombard, wat die afgelope naweek ’n sterk vertoning in die Nedbank-uitdaagtoernooi gelewer het by Sun City, Erik van Rooyen, Justin Harding en die belowende jong Wilco Nienaber het ook reeds hulle deelname bevestig.

Dié toernooi is die laaste op die Suid-Afrikaanse gholfkalender vir 2019 en is ook die eerste in die Europese reeks se 2020-seisoen.

Els sal ná die Alfred Dunhill-kampioenskap na Australië reis waar hy die Internasionale Span teen die VSA as nie-spelende kaptein aanvoer in die Presidentebeker-toernooi in Melbourne.

Tiger Woods is die Yanks se kaptein en sal ook in die toernooi speel.

Els, wat onlangs sy 50ste verjaardag gevier het, het in die eerste ronde van die Nedbank-uitdaagtoernooi gewys dat hy steeds met die jonger manne kan meeding. Hy het toe ’n telling van 68 houe, vier minder as die baansyfer, aangeteken.

Hy kon egter nie dié momentum volhou nie en het dit met rondtes van 81, 72 en 74 opgevolg.

* Die jong Suid-Afrikaner Jayden Schaper, Suid-Afrikaanse houespelkampioen en wenner van die Junior Spelerskampioenskap in die VSA vroeër vanjaar, het ook ’n uitnodiging ontvang om in die Dunhill-toernooi te speel.

Meer oor:  Leopard Creek  |  Brandon Stone  |  Gholf  |  Richard Sterne  |  Ernie Els
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.