Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Erik-hulle ook op pad na VSA-Ope

Nog vyf Suid-Afrikaanse gholfspelers het vandeesweek vir aanstaande week se Amerikaanse Ope by Torrey Pines in Suid-Kalifornië gekwalifiseer.

Die Suid-Afrikaner Erik van Rooyen in die Amerikaanse PGA-kampioenskap in aksie. Foto: Getty Images

Erik van Rooyen, Dylan Frittelli en Charl Schwartzel het onder die top16-spelers in ’n kwalifiserende toernooi in Columbus, Ohio, getel, terwyl Branden Grace en Thomas Aiken in ’n kwalifiserende toernooi in Jupiter, Florida, hul plekke in die jaar se derde major bespreek het.

Die vyftal sluit hulle aan by Louis Oosthuizen, Christiaan Bezuidenhout, Garrick Higgo en Wilco Nienaber, wat reeds seker van hul deelname aan die Amerikaanse Ope was.

Van Rooyen, wat opslae met ’n woede-uitbarsting in die onlangse PGA-kampioenskap gemaak het, was dié keer om die regte redes in die nuus. Sy rondes van 68 en 64 houe, vir ’n totaal van 12 houe beter as die baansyfer, op onderskeidelik die Brookside-buiteklub en Lakes Golf-buiteklub was saam met Chez Reavie s’n die beste in dié toernooi.

Frittelli het rondes van 65 en 71 op dié bane gespeel en Schwartzel 70 en 67.

Grace, wat die afgelope naweek vierde in die Memorial-toernooi geëindig het, en Aiken het albei danksy ’n totaal van twee houe beter as die baansyfer op die Bear’s Club seker gemaak van hul Ope-plekke.

Vir die Amerikaner Rickie Fowler, het die kwalifiseringstoernooi in Ohio in ’n teleurstelling geëindig.

Sy totaal van 139 houe was net-net nie goed genoeg vir ’n plek in die top-16 nie. Hy sal gevolglik vir die eerste keer sedert 2010 nie in die Amerikaanse Ope afslaan nie. Dít nadat hy vroeër vanjaar ook nie gekwalifiseer het vir die Amerikaanse Meesterstoernooi nie.

Fowler, wat al vierde op die wêreldranglys was en in 2019 nog onder die top-10 getel het, het die laaste paar jaar met sy spelpeil gesukkel en beklee slegs die 87ste plek op die ranglys.

Die Amerikaanse Ope begin volgende Donderdag. – Sportredaksie; IOL

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.