Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Ernie gee ondersteuners geskenk

Ernie Els het Donderdag sy 50ste verjaardag gevier en toe sommer besluit hy gee Suid-Afrikaanse gholfentoesiaste ’n geskenk van sy kant af.

Hierdie gemoedelike kolos van wêreldgholf het sy deelname aan vanjaar se Nedbank-uitdaagtoernooi van 14 tot 17 November by die Gary Player-buiteklub by Sun City bevestig.

Ernie Els, wat Donderdag sy 50 jaar oud geword het, sal danksy ’n spesiale uitnodiging vanjaar weer by die Nedbank-uitdaagtoernooi in aksie wees. Foto: Getty Images

Els is een van vier spelers wat al drie keer as kampioen by die Sonstad gekroon is. Die ander is David Frost en Nick Price, asook die Engelsman Lee Westwood, wat sy driekuns verlede jaar voltooi het.

Die drie kere wat Els die kroon as kampioen gedra het, was in 1999, 2000 en 2002.

Hy het al 71 toernooie wêreldwyd gewen, waarvan vier majors was. Dit is die Britse Ope twee keer en ook die Amerikaanse Ope twee keer.

Die laaste deel van die gholfjaar gaan vir hierdie 50-jarige ’n bedrywige tydjie wees, want kort ná die toernooi by die Sonstad, sal hy vroeg in Desember die kaptein van die Internasionale span in die Presidentebeker-toernooi teen Amerika wees. Daar kruis hy weer swaarde met sy jare lange aartsvyand, Tiger Woods, wat die Amerikaners se kaptein is.

Louis Oosthuizen, Branden Grace, Erik van Rooyen en Justin Harding is van die ander Suid-Afrikaners wat ook by die Sonstad in aksie sal wees.

Dit is vir my altyd spesiaal om deel van hierdie toernooi by Sun City te wees en veral ook vanjaar op die spesiale geleentheid van die 40ste herdenking van Sun City en die Gary Player-buiteklub.

Els is op spesiale uitnodiging ’n speler in die Nedbank-uitdaagtoernooi en dit gee hom ook eerstehands die geleentheid om met van die spelers te doen te kry wat vir hom in die Presidentebeker diens gaan doen.

Al is die totale prysgeld van die toernooi steeds $7,5 miljoen (naastenby R110 miljoen) soos verlede jaar, kry die wenner vanjaar ’n veel groter stuk van die koek.

Waar die wenner verlede jaar met $1,25 miljoen (R18,5 miljoen) tevrede moes wees, verstewig vanjaar se wenner sy bankbalans met $2.5 miljoen (R37 miljoen).

“Dit is vir my altyd spesiaal om deel van hierdie toernooi by Sun City te wees en veral ook vanjaar op die spesiale geleentheid van die 40ste herdenking van Sun City en die Gary Player-buiteklub,” het Els in ’n media-verklaring gesê.

Player, Suid-Afrika se voorste speler van alle tye, sê hy sien uit daarna om die “groot man (Els) se stewige handdruk” weer op die eerste bof te kan ervaar.

Die toernooi se statuur as een van die Rolex-meesterstoernooie in die Europese reeks verhoog ook, met die Race to Dubai-punte wat van 7 500 na 10 000 verhoog.

Meer oor:  Sun City  |  Ernie Els  |  Nedbank-Uitdaagtoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.