Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Esther behaal besonderse mylpaal

Die Duitse gholfspeler Esther Henseleit (20) het die naweek slegs die derde speler in die Europese gholfreeks vir vroue geword wat in dieselfde seisoen boaan die Geldwennerslys geëindig het en as Nuweling van die Jaar gekroon is.

Esther Henseleit het die gholfwêreld aan haar voete. Foto: Getty Images

Henseleit is in haar eerste jaar in die beroepsgeledere. Sy het die naweek die Kenia Ope met een hou gewen nadat sy ’n 64 – 8 houe beter as die baansyfer – in die laaste ronde aangeteken het.

Dié sege het haar boaan die Europese reeks se Geldwennerslys laat eindig.

Die Hamburg-boorling het in die proses verby Marianne Skarpnord geskuif om die nr. 1-speler in Europa te word. Sy is die eerste Duitse vrouespeler om boaan die Geldwennerslys te eindig om as Nuweling van die Jaar gekroon te word.

Ek voel baie geseënd en ek hoop net ek kan die bestendigheid vorentoe handhaaf.
Esther Henseleit

Om dit in een seisoen te kon regkry, is iets wat voorheen nog net deur dame Laura Davies (1985) en Carlota Ciganda (2012) vermag is.

Henseleit het die Kenia Ope op ’n telling van 14 beter as die baansyfer gewen, een hou beter as Indië se Aditi Ashok, wat self ’n puik 65 aangeteken het.

“Om die seisoen te kon afsluit met ’n oorwinning is iets wat ek nie in my wildste drome sou kon droom nie. En om boaan die Geldwennerskys te wees en as Jongeling van die Jaar aangewys te word, is die kersie op die koek,” sê sy.

Sy het in Januarie die beroepsgeledere betree nadat sy as amateur ’n voorgee van +7.1 gehad het.

Sy het die seisoen ook agt keer onder die voorste tien vroue in ’n toernooi geëindig, insluitende vier tweede plekke.

“Dit was ’n ongelooflike jaar in die Europese reeks vir my. Ek voel baie geseënd en ek hoop net ek kan die bestendigheid vorentoe handhaaf.” - Reuters

Meer oor:  Duitsland  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.