Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Europese reeks gaan slakkepas-spelers straf
Bryson DeChambeau dink diep (en lank) oor ’n sethou. Foto: Getty Images

Spelers in die Europese gholfreeks gaan van November af met ’n hou gestraf word indien daar bevind word dat hulle die reëls teen stadige spel twee keer in ’n ronde oortree het.

Boonop kan spelers wat deurlopend gemonitor moet word weens konstante stadige spel, volgende seisoen strawwer boetes verwag.

Spelers wat byvoorbeeld op 15 geleenthede in ’n seisoen gemonitor moet word, sal met £26 000 (R485 000) beboet word teenoor die huidige boete van £9 000 wat geld.

Spelers sal egter die opsie gegee word om een verlening van tyd per rondte aan te vra en sodoende ’n bykomende 40 sekondes ontvang om ’n hou te speel.

“Ons is reeds aan die spits van die bestuur van spoed van spel in beroepsgholf, maar nadat ons ’n mandaat van die toernooikomitee ontvang het om selfs strenger op te tree teen die kwessie, was die tyd ryp om die saak te hanteer,” sê Keith Pelley, uitvoerende beampte van die Europese reeks.

“Ek glo die plan wat ons vir die 2020-seisoen implementeer sal betekenisvolle verandering bring wat gholf selfs meer genotvol vir die spelers en toeskouers sal maak.”

Slakkepas-spel is ’n warm patat sedert die Amerikaner Bryson DeChambeau meer as twee minute gevat het om ’n sethou te voltooi by die Northern Trust-toernooi in New Jersey.

Die voorval het die PGA-reeks genoop om sy beleid jeens stadige spel te hersien, terwyl topspelers soos Brooks Koepka en Rory McIlroy onder diegene tel wat die PGA se dadeloosheid oor die kwessie gekritiseer het.

Die Europese reeks se inisiatief vloei uit ’n vergadering van sy toernooikomitee in Mei en die plan is in Julie goedgekeur.

Die nuwe beleid fokus op vier sleutelareas genaamd regulasie, opvoeding, innovasie en die getal spelers in ’n veld.

– Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Europese Reeks  |  Pga  |  Bryson Dechambeau
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.