Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Europese reeks gekap oor Saoedi-toernooi

Die Europese reeks en gholfspelers wat vandeesweek in die eerste Saoedi International-toernooi meeding is gekritiseer omdat die geleentheid voortgaan, ten spyte van die moord op die joernalis Jamal Khashoggi in September.

Die vermoorde Jamal Khashoggi. Foto: Twitter

Khashoggi is in Saoedi se konsulaat in Istanboel, Turkye deur ’n span Saoediese agente vermoor en opgekap.

BBCSport berig die toernooi, wat verlede jaar aangekondig is, is as omstrede beskou selfs voor die moord weens Saoedi-Arabië se swak rekord jeens menseregte.

“Ek is nie ’n politikus nie, ek is ’n beroepsgholfspeler,” sê die Engelsman Justin Rose, eerste op die wêreldranglys.

“Daar is ander redes om aan die toernooi deel te neem. Daar is sterk mededinging en daar is baie ranglyspunte op die spel.

“Alles dui daarop dat dit ’n goeie gholfbaan is en dit sal ’n belewenis wees om Saoedi-Arabië te besoek.”

Rose en verskeie ander topspelers soos Brooks Koepka, Dustin Johnson, Bryson DeChambeau, Patrick Reed, Sergio Garcia, Henrik Stenson, Thomas Bjorn en Lee Westwood, het hul aan die toernooi verbind deels danksy die lonende verskyningsgeld wat die Europese reeks bied.

Engeland se Paul Casey sê hy weier om te speel weens sy werk saam met die Verenigde Nasies se kinderfonds, Unicef, terwyl Tiger Woods glo verskyningsgeld van $2 miljoen en ’n seiljag van die hand gewys het.

(Voor) Bryson DeChambeau, Patrick Reed, Thorbjorn Olesen, Sergio Garcia, (middel) Henrik Stenson, Justin Rose, Ian Poulter, Lee Westwood, Thomas Bjorn, (agter) Dustin Johnson en Brooks Koepka plaas Saoedi-Arabië op gholf se wêreldkaart. Foto: Getty Images

Die Europese reeks het Saoedi-Arabië gekies omdat hy reeds hierdie tyd van die jaar in die Midde-Ooste doenig is, asook sy veldtog om lonender toernooie op die skedule te voeg.

Daar het reeds vanjaar toernooie in Aboe Dhabi en Doebai plaasgevind, met besoeke aan Oman en Katar wat vir later geskeduleer is.

Die toernooi, met $3,5 miljoen se prysgeld op die spel, word deur die Saoediese regering onderskryf in ’n poging om die land te help bevorder.

Die Golf Channel se Brandel Chamblee, ’n voormalige PGA-speler, tel onder diegene wat uitgesproke is oor die kwessie.

“Om jou blind te hou vir die moord op ’n lid van die media verbloem op ’n manier die skokkende misdade teen die mensdom wat nie net in Jamal Khashoggi se geval gebeur het nie, maar deurlopend daar plaasvind,” sê hy.

– Sportredaksie

Meer oor:  Gholf  |  Europese Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.