Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Fleetwood Mac van plek in Britse Ope
Tommy Fleetwood gee vroeg die pas aan in die tweede ronde van die Britse Ope. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaner Erik van Rooyen het die tweede ronde van die Britse Ope op Carnoustie met gemengde welslae begin met tweede voëltjies en twee brouhoue oor die voorste nege.

Van Rooyen, wat hom op die eerste dag met ’n 67 (-4) onder die voorlopers gevestig het, was lank gesamentlik tweede saam met Tommy Fleetwood.

Hoewel Van Rooyen op die syfer-4 tweede putjie ’n hou afgestaan het, het hy op volgende putjie ’n sethou ingerol vir ’n voëltjie.

Hy het sy bofhou op die negende links getrek en het ’n moeilike naderhou uit die lang gras gehad.

Fleetwood het op ’n sopnat Carnoustie die laagste ronde aangeteken onder die spelers wat vroeg afgeslaan het – ’n foutlose 65.

Fleetwood het op ’n sopnat Carnoustie die laagste ronde aangeteken onder die spelers wat vroeg afgeslaan het – ’n foutlose 65, ses houe beter as baansyfer.

Hy lê tweede, een hou agter die vroeë voorlopers, die Yanks Zach Johnson (die Ope-kampioen in 2015) en Kevin Kisner.

Johnson het sy 69 in die eerste ronde met ’n puik 67 opgevolg vir ’n toernooi-telling van 136 houe (-6).

Kisner het met ’n voëltjie op die vyfde putjie by Johnson aangesluit.

Zander Lombard (67), die ander Suid-Afrikaner wat verras het in die eerste ronde, slaan om 15:54 af.

Meer oor:  Erik Van Rooyen  |  Tommy Fleetwood  |  Skotland  |  Gholf  |  Britse Ope  |  Carnoustie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.