Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Fransman bly voor; Christiaan 6 houe agter
Mike Lorenzo-Vera
Die Fransman Mike Lorenzo-Vera is na die tweede ronde steeds die voorloper in Doebai.(Getty Images)

Mike Lorenzo-Vera het Vrydag in Doebai in die tweede ronde van die DP-wêreldkampioenskap gewys sy skitterspel die vorige dag was geen vloekskoot nie, toe hy sy voorsprong in dié gholftoernooi na drie houe gerek het.

Dié Fransman is op 12 houe minder as baansyfer nadat hy sy 63 in die eerste ronde met ’n telling van 69 opgevolg het.

Sy toernooitelling van 132 ewenaar die laagste getal houe ná 36 putjies sedert dié toernooi 11 jaar gelede vir die eerste keer in die Europese reeks beslis is.

Hy sou die geskiedenisboeke herskryf het was dit nie dat hy drie keer geset het vir ’n brouhou op die 18de putjie nie.

Engeland se Tommy Fleetwood en Jon Rahm van Spanje het albei hulle aanspraak verstewig om vanjaar se Race to Dubai-wedloop te wen, met rondes van onderskeidelik 68 en 69.

Fleetwood en Rahm is gesamentlik tweede op 135 houe (–9), drie agter Lorenzo-Vera.

Daar is nege houe tussen Lorenzo-Vera en Bernd Wiesberger (Oostenryk), die voorloper op die Race to Dubai-puntelys.

Daar is nege houe tussen Lorenzo-Vera en Bernd Wiesberger (Oostenryk), die voorloper op die Race to Dubai-puntelys.

Wiesberger (70-71) het in die tweede ronde net een voëltjie behaal – op die syfer vier 11de putjie – en kon sover nog nie op dreef kom nie.

Die nommer twee op die wêreldranglys, Rory McIlroy, wat op die eerste dag onder die voorlopers was met ’n openingsronde van 64, het Vrydag tien houe meer nodig gehad in die tweede ronde.

McIlroy het die eerste vyf putjies gelyk aan syfer voltooi, maar het op die sesde (syfer 3) ’n dubbele brouhou op sy telkaart ingevul.

Christiaan Bezuidenhout van Suid-Afrika slaan Vrydag ’n hou uit die sandkuil in die tweede ronde van die DP-wêreldkampioenskap in Dubai.Foto: Getty Images

Hy het nooit daarna herstel nie en was nie naastenby so warm soos in die eerste ronde nie.

Die jong Suid-Afrikaner Christiaan Bezuidenhout slaan Saterdag in die derde ronde saam met McIlroy en die Belg Thomas Pieters in die gesamentlike vyfde plek af.

Bezuidenhout het sy ronde van 71 op die eerste dag met ’n indrukwekkende 67 (–5) opgevolg.

Sy landgenoot Louis Oosthuizen is twee agter hom ná twee agtereenvolgende rondes van 70 – vir ’n toernooitelling van –4.

Richard Sterne en Erik van Rooyen is albei ’n verdere drie houe terug ná rondes van 72. – europeantour.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.