Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Fris ‘DeRambo’ wen PGA-titel in Detroit
Bryson DeChambeau van Amerika het gedurende die inperking 18 kg se spiermassa aangesit. Foto: Getty Images

Die fris gholfspeler Bryson DeChambeau, wat weens sy bykomende spiermassa met die nuwe bynaam “DeRambo” gedoop is, het Sondag die PGA-reeks se Rocket Mortgage Classic-toernooi in Detroit, Michigan, gewen.

Die Amerikaner, tiende op die wêreldranglys, het sy laaste ronde in 65 houe, sewe onder die baansyfer, voltooi om die week op -23 af te sluit. Hy het Matthew Wolff (71), wat oornag voorgeloop het, met drie houe geklop.

DeChambeau, wat die inperking gebruik het om 18 kg se spiermassa aan te sit, het sedert gholf in Junie hervat het ongelooflike afstand van die bof af behaal.

Hy het die toernooi met ses agtereenvolgende plasings onder die toptien binnegegaan en het drie voëltjies agtereenvolgens aangeteken om sy sesde PGA-titel te beklink.

“Ek is ’n bietjie emosioneel, want ek het iets ’n bietjie anders gedoen: Ek het my liggaamsbou verander, ek het my ingesteldheid op die baan verander en ek was in staat om te wen terwyl ek ’n totaal ander speelstyl toegepas het,” sê DeChambeau.

“Dit is nogal ongelooflik om dit te sien gebeur en ek hoop dit dien as inspirasie vir baie mense dat as hulle ’n doelwit najaag, hulle dit kan bereik. Dit verg net ’n klomp harde werk.”

– Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Pga  |  Bryson Dechambeau
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.