Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Frittelli speel, ondanks 2 virusuitslae

Hoewel die Suid-Afrikaanse gholfspeler Dylan Frittelli die afgelope week twee keer positief getoets is vir die Covid-19-virus, is hy steeds toegelaat om in Amerika te speel, omdat die virus wat hy dra “nie meer aansteeklik” is nie.

Die 30-jarige Frittelli, Nick Watney en Denny McCarthy het almal Donderdag die eerste ronde van die PGA-reeks se Workday Charity-toernooi in Ohio voltooi nadat hulle tien dae in kwarantyn deurgebring het. Al drie is verlede maand positief getoets vir Covid-19.

Dylan Frittelli is die afgelope week twee keer positief getoets vir die Covid-19-virus, maar steeds Donderdag in Ohio afgeslaan. Foto: Getty Images

Hulle is toegelaat om te speel nadat die PGA-reeks sy protokol vir die terugkeer na spel gewysig het. Onder die nuwe protokol kan ’n speler – al is hy positief getoets – terugkeer na spel sodra hy tien dae sedert hy die eerste keer simptome begin toon het, in selfisolasie deurgebring het. Indien hy ná dié tien dae vir ’n verdere drie dae nie meer simptome soos koors of ’n droë hoes toon nie, word hy toegelaat om te speel.

Dr. Tom Hospel, mediese raadgewer van die PGA-reeks, sê in die beginfases van Covid-19 word aangeneem dat die virus “aktief is en infeksie kan veroorsaak”.

Maar soos wat tyd verbygaan en simptome opklaar, “is die teorie dat die virus nie langer aktief of aansteeklik is nie”.

Frittelli het Donderdag aan verslaggewers gesê hy is bly om terug op die baan te wees nadat hy verlede maand by die Travelers-kampioenskap positief getoets is.

“Die PGA-reeks hou alle verwikkelinge rakende die siekte dop en wetenskaplikes en bioloë probeer steeds om dinge uit te pluis.”

Dié Suid-Afrikaner het verlede jaar sy eerste PGA-toernooi gewen toe hy koning gekraai het by die John Deere Classic. Hy kan egter nie sy titel verdedig nie, omdat dié toernooi weens die Covid-19-pandemie geskrap is.

Frittelli en McCarthy het intussen elkeen ’n 73 op hul telkaart ingevul ná die eerste dag se spel in Ohio, terwyl Watney die dag op 77 afgesluit het. – Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Dylan Frittelli  |  Positief  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.