Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
KYK: Gary en Jack begin Meesters

Die atmosfeer was onwerklik toe die gholflegendes Jack Nicklaus en Gary Player Donderdag by Augusta National op die eerste bof opgedaag het om die seremoniële houe van die 84ste Amerikaanse Meesterstoernooi te slaan nog voordat die son heeltemal opgekom het.

Eendeweer het kort daarna die eerste ronde in die wiele gery.

Gary Player en Jack Nicklaus was Donderdag vol grappe toe hulle vroegoggend die seremoniële bofhoue op die eerste putjie van die Augusta National-baan geslaan het. Foto: Getty Images

Nicklaus en Player, wat tussen hulle dié major-toernooi nege keer gewen het, het om 06:57 in ligte reën uit Augusta se klubhuis gestap.

Ondanks die ongewone toernooi wat weens die koronavirus-pandemie vanjaar in November en sonder toeskouers beslis word, het honderde mense om die eerste bof saamgedrom, meestal lede van die eksklusiewe klub en hul gaste.

Nadat Augusta se voorsitter, Fred Ridley, die duo voorgestel het, het Player die bal allesbehalwe soos ’n 85-jarige met ’n vol terugswaai op die skoonveld geslaan.

Nicklaus (80) het daarna met ’n korter terugswaai as die een wat hom op sy dag met 18 major-seges beloon het, ook die kortgras gevind.

“Ek is bly dit is nog half donker. Dit help as ’n man ’n vrot hou geslaan het,” het Nicklaus geskerts.

Kort daarna het die eerste Meesterstoernooi wat in die herfs beslis word, begin.

Die eerste ronde is, ná sowat 30 minute se spel, opgeskort weens donderweer in die omgewing met net nege spelers wat in daardie stadium een putjie voltooi het.

Die Britse Ope-kampioen, Shane Lowry, speel ’n hou uit ’n sandkuil in die eerste ronde van die 84ste Amerikaanse Meesterstoernooi. Foto: Getty Images

Daar word vanjaar van albei bowwe (die eerste en tiende) afgeslaan, omdat daar minder daglig is.

Die eerste driebal, Jimmy Walker, Sandy Lyle en die Chinese amateur Yuxin Lin, het vroeg teëspoed op die 10de gehad.

Walker en Lyle, wat die toernooi in 1988 gewen het, het een hou aan syfer afgestaan, terwyl Lin twee brouhoue gehad het. – Reuters, masters.com

• Klik hier vir die voorlopersbord

Meer oor:  Jack Nicklaus  |  Gholf  |  Amerikaanse Meesters  |  Gary Player
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.