Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Brian Gay se 7 maer gholfjare verby

Die 48-jarige Amerikaner Brian Gay het Sondag die horlosie teruggedraai toe hy sy eerste PGA-gholftoernooi in sewe jaar, die Bermuda-kampioenskap, gewen het.

Brian Gay kon Sondag weer die eerste keer in ’n lang tyd met ’n wennerstrofee spog. Foto: Getty Images

Gay het die oorwinning beklink toe hy met ’n lang voëltjie-sethou op die eerste putjie van ’n uitspeelstryd teen sy landgenoot Wyndham Clark geslaag het.

Dit was Gay se vyfde oorwinning in die Amerikaanse PGA-reeks.

Die 26-jarige Clark, wat in ’n stadium ’n voorsprong van drie houe tydens die laaste ronde gehad het, sal op sy beurt nog langer moet wag om die eerste keer in die wenkampie te draai.

Gay, wat die uitspeelstryd danksy ’n puik rondte van 64 houe (vir ’n totaal van 269, 15 houe beter as die baansyfer) afgedwing het, het sy oorwinning as “heeltemal gek” beskryf.

“Ek het nog altyd geweet ek beskik oor die tipe spel om kompeterend te wees, maar dis maklik om in jou vermoëns te begin twyfel. Van hierdie spelers is so jonk – van hulle is so oud soos my dogter.”

Gay sê sy peil was aanvanklik, ná die hervatting van die PGA-reeks, “aaklig”, maar dat hy nou weer sy ritme begin vind het danksy harde werk op die oefenbof.

Die toernooi in Bermuda was die eerste van die PGA-reeks waar toeskouers toegelaat is sedert die Covid-19-pandemie. – Reuters

Meer oor:  Pga-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.