Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
George betaal duur vir brouhoue

Suid-Afrika se George Coetzee het gister in Parys ’n gulde kans verspeel om vandag as voorloper in die Franse Ope-gholftoernooi af te slaan.

George Coetzee.

Coetzee, wat as die alleenvoorloper in die derde ronde afgeslaan het, het 70 houe op sy telkaart ingevul om drie houe agter die Belg, Nicolas Colsaerts, te eindig.

Coetzee het op die tweede putjie ’n hou aan syfer afgestaan en op die 13de twee houe ingeboet, terwyl hy ook vier voëltjies behaal het.

Colsaerts, wat laas in 2012 in die Europese reeks gewen het, het 67 houe aangeteken om op 200 houe, 13 houe onder baansyfer, te eindig.

Coetzee is op 203, gevolg deur die Wallieser Jamie Donaldson en die Amerikaner Kurt Kitayama (albei op 204).

Brandon Stone (206) is ook binne trefafstand, met Jaco van Zyl (210), Trevor Immelman (211) en Haydn Porteous (217) verder agter. – europeantour.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.