Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Geweld in Hongkong eis gholftoernooi

Nog ’n sportbyeenkoms het weens die betogings en geweld in Hongkong in die slag gebly.

Die Hongkongse Ope-gholftoernooi, wat op 28 November sou begin, is weens gewelddadige betogings teen die regering uitgestel.

Die polisie probeer Woensdag die gemoedere in Hongkong se sakedistrik kalmeer. Foto: AP

Die Europese reeks sê daar sal gepoog word om die toernooi vroeg in 2020 aan te bied.

Keith Pelley, uitvoerende hoof van die reeks, sê die besluit is geneem weens die voortslepende geweld in Hongkong.

“Die veiligheid van ons spelers, personeel, borge, vennote en almal wat by elkeen van ons toernooie wêreldwyd betrokke is, is ons prioriteit.

“Ons voel dit is die regte besluit,” sê Pelley.

Die gholfbaas het vroeër vandeesmaand nog gesê die gholftoernooi sal nie deur die betogings geraak word nie, want die Hongkong-klub is ver van die stadskern.

Spanning het egter vandeesweek verder opgelaai toe studente en aktiviste by die Polytechnic-universiteit met die polisie slaags geraak het.

Die Hongkongse Ope vir tennis en muurbal is reeds afgestel. – Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Hongkong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.