Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Gholfbase teleurgesteld oor besluit

Suid-Afrika se gholfbase het deurgaans in sy kommunikasie met die departement van sport, kuns en kultuur benadruk dat gholfbane eers vir almal oopgemaak moet word voordat beroepsgholf hervat word.

’n Man plaas sy bal op ’n bof by die Turnberry-gholfbaan in Kanada, nadat bane in dié land vroeër vandeesmaand weer oopgestel is. In Suid-Afrika bly bane egter toe vir die publiek. Foto: Getty Images

Die bevestiging Saterdag dat beroepspelers weer mag oefen en selfs in toernooie kan speel, maar gewone lede van die publiek nog nie mag terugkeer na gholfbane nie, is dus baie teleurstellend vir hulle.

Veral betreur hulle “die voortdurende onsekerheid rondom die terugkeer van gholf”, het GolfRSA Saterdagmiddag in ’n verklaring namens al Suid-Afrika se gholf-organisasies (wat ook die Sonskynreeks, die PGA van Suid-Afrika en die Klubbestuurvereniging van Suid-Afrika insluit) gesê.

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het Saterdagoggend bevestig beroepsatlete mag weer oefen en in nie-kontaksporte kompeteer. Dít bied geen verligting vir werknemers by gholfklubs of mense wat ’n potjie gholf vir ontspanning speel nie.

Laasgenoemde, sê die gholforganisasies, is die lewensbloed van die bedryf.

“Dit is ’n aanvaarde en onbetwisbare feit dat gholfklubs die wêreld heen hul inkomste kry uit amateurspelers op die gholfbaan,” sê GolfRSA. “Dit is die enigste manier waarop gholfbane kan oorleef.

“Daar is sowat 40 000 mense wat by gholfbane in Suid-Afrika in diens is, en 85% van daardie mense bevind hulself in die mees weerlose ekonomiese sektor.

Ons grootste prioriteit is om dié mense se werk te red, sonder om hulle aan onnodige risiko’s bloot te stel.

Die verklaring stel dit voorts duidelik dat die land se gholfbase glo die sektor is “goed voorbereid vir die veilige terugkeer van gholf”.

“Ons het die nodige protokol in plek, insluitend ’n omvattende strategie om risiko’s te verklein en bestepraktyk-maatreëls. By al ons gholfbane sal ons ook ’n gevorderde weergawe gebruik van Healthdocs – ’n toepassing waarmee mense gesif en gemonitor keer.

“Gholf word gespeel in oop ruimtes en is ’n sport wat hom leen tot die handhawing van sosiale afstand. Die sport word wêreldwyd erken as goeie oefening vir mense van alle ouderdomme en is ’n uitstekende manier om stres te verlig.

“Ons is natuurlik uiters sensitief daarvoor dat dit die regering se prioriteit is om lewens te beskerm, die verspreiding van die koronavirus te beperk en werksgeleenthede te beskerm sodat die ekonomie weer aan die gang kan kom.

“Dit is ons vaste geloof dat die gholfbedryf inmekaar sal stort as gholf nie terugkeer en gholf-geriewe nie heropen word nie.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Nathi Mthethwa  |  Gholf  |  Saskok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.