Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
‘Spelers moet kolhou slaan vir menseregte’

Die wêreld se topgholfspelers moet stem dikmaak teen Saoedi-Arabië se “beroerde” menseregterekord.

So het die organisasie Amnestie Internasionaal (AI) aan die vooraand van die Saudi International, ’n toernooi wat deel is van die Europese reeks, gesê.

Die Amerikaner Brooks Koepka, voorste speler op die wêreldranglys, is een van verskeie groot name wat vandeesweek in Saoedi-Arabië in aksie gaan wees. Foto: Getty Images

Hoewel die moord op die joernalis Jamal Khashoggi in Saoedi-Arabië se konsulaat in Turkye die olieryke nasie se onderdrukkende regime in die wêreldkollig geplaas het in 2018, het dit nie van die wêreld se voorste spelers gekeer om in te skryf vir dié toernooi, wat vanjaar ’n tweede keer aangebied word nie.

Die wêreld se topspeler, Brooks Koepka, die heersende Britse Ope-kampioen, Shane Lowry, die Amerikaner Dustin Johnson en die Spaanse held Sergio García sal almal meeding om die totale prysgeld van £2,7 miljoen.

Die supersterre Rory McIlroy en Tiger Woods het wel groot bedrae optreegeld van die hand gewys om van Donderdag af daar af te slaan. McIlroy het bevestig dat “moraliteit” beslis ’n rol in sy besluit gespeel het.

Felix Jakens, AI se veldtoghoof in Brittanje, het in ’n verklaring aan die PA-nuusagentskap gesê dié toernooi is nes ander sportbyeenkomste in Saoedi-Arabië ’n poging om die land se beeld te poets.

“Dis nog ’n poging om met ’n glans- en prestigeryke sportbyeenkoms die aandag weg te lei van Saoedi-Arabië se treurige menseregterekord,” het Jalkens gesê en verskeie onlangse voorbeelde van menseregte-skendings uitgelig.

Die Europese vrouereeks sal ook in Maart ’n toernooi in Saoedi-Arabië aanbied, terwyl Anthony Joshua en Andy Ruiz verlede jaar in ’n swaargewig-wêreldtitelboksgeveg daar betrokke was. 

– TeamTalk

Meer oor:  Ai  |  Amnestie Internasionaal  |  Gholf  |  Saudi International  |  Europese Reeks  |  Pga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.