Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Gholfster, gesin veilig ná huisbrand

Die herehuis van die Amerikaanse gholfspeler Davis Love III is Vrydagoggend op Sea Island, Georgia, in ’n verwoestende brand in puin gelê.

Vergaan in ’n vlammehel. Davis Love III se huis in Georgia in die VSA is Vrydagoggend in puin gelê. Foto: AP

Binne vyf minute was daar drie brandweerwaens, 16 brandweermanne, ’n watertenker en drie ander noodvoertuie op die toneel, maar hulle kon nie daarin slaag om die brand in bedwang te bring nie.

Die 55-jarige Love en sy vrou, Robin, was ten tyde van die brand tuis, maar hulle het van die vlamme ontsnap en is ongedeerd.

“Terwyl ons almal geskok is oor die verlies aan ons huis wat vir ons soveel goeie herinneringe het, is ons dankbaar dat almal veilig is,” het Love in ’n verklaring gesê.

“Ons plaas dinge in perspektief, aangesien soveel ander mense wêreldwyd onder die Covid-19-pandemie gebuk gaan.”

Davis Love III

Love, wat reeds twee keer die kaptein van die Amerikaanse Ryderbekerspan was, is ’n vorige major-wenner en is in 2017 in gholf se heldesaal ingehuldig.

Afgesien van sy 21 PGA-oorwinnings is hy deesdae ook ’n veldaanbieder vir CBS by gholftoernooie.

Die huis was onlangs vir $5,15 miljoen in die mark, maar dit kon nog nie verkoop word nie.

Love staan aan die hoof van ’n PGA-toernooi wat jaarliks op Sea Island gespeel word en is een van die woonbuurt se mees gesiene inwoners.

Verskeie ander gholfspelers woon ook op Sea Island. – The Independent

Meer oor:  Davis Love  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.