SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Gholf
Gulde kans vir Wiesberger in Sonstad

Die Oostenryker Bernd Wiesberger het ’n gulde geleentheid om vandeesweek reeds een hand op die Europese reeks se Race to Dubai-trofee te kry.

Bernd Wiesberger. Foto: Getty Images

Wiesberger, die huidige voorloper op die geldlys, is die enigste van die top-drie, en een van net vyf in die top-tien, wat die moeite gedoen het om vir die Nedbank-uitdaagtoernooi na Suid-Afrika te reis.

Sy voorsprong oor die tweede geplaaste Jon Rahm is net minder as 400 punte, maar oor Matthew Fitzpatrick (die enigste ander top-vyf-speler wat die week kan punte insamel) is dit 1 149. Met die wenner van die Nedbank-titel wat 1 600 punte kan verdien, en 2 000 op die spel vir aanstaande week se jaareindtoernooi-kampioen in Dubai, was dit dalk nie wys van Rahm, die Britse Ope-kampioen Shane Lowry of Noord-Ier Rory McIlroy (die res van die spelers in die top-vyf) om van Sun City weg te bly nie.

Die lywige hoop punte op die spel vir die wenner is natuurlik ’n geelwortel vir ’n klomp ander spelers.

Tyrrell Hatton het Sondag 1 500 van die 9 000 Race to Dubai-punte op die spel ingeoes toe hy die Turkse Ope gewen het. Daarmee het hy met 30 plekke op die ranglys tot die sesde posisie gespring.

Die Nedbank-toernooi se totale punte-pot is 10 000 punte.

In Sun City sal daar boonop Sondag ’n yslike wennerstjek van $2,5 miljoen (sowat R37,5 miljoen) oorhandig word. Dis dubbel soveel as wat verlede jaar se wenner, Lee Westwood, ontvang het.

Wiesberger het 49ste geëindig in albei sy laaste toernooie en Dinsdag te kenne gegee dat sy onlangse peil nie goed genoeg is vir hom om as ’n gunsteling beskou te word nie. Tog het die Oostenryker self al vanjaar beleef dat onlangse spelpeil nie altyd ’n goeie voorspeller is nie. Twee weke voor sy eerste 2019-sege het hy ’n 70ste plek behaal en twee weke voor sy derde ’n afsnypunt gemis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.