Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Harding span die kroon in Katar

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Justin Harding se skitterende eindpoging het Sondag in Doha die Katar Meesterskroon aan hom besorg.

Justin Harding met die Katar-Meesterstrofee nadat hy Sondag in Doha geseëvier het. Foto: Getty Images

Die lenige Harding, 33, het voëltjies op drie van die laaste vier putjies aangeteken om sy eerste sege in die Europese reeks te behaal.

Hy het 66 houe in die laaste ronde aangeteken om op 275 te eindig, 13 houe onder die baansyfer.

’n Rekordgetal nege spelers, waaronder nog drie Suid-Afrikaners George Coetzee (wat ’n arend op die laaste putjie aangeteken het), Christiaan Bezuidenhout en Erik van Rooyen, het hom gejaag en op 277 in die gesamentlike tweede plek gevolg.

Dit was senutergend, dit was in situasie waarin ek my nog nie voorheen bevind het nie. Ek is bly dis nou verby en dat ons kan aanbeweeg
Justin Harding

Darren Fichardt (281) was saam in die 20ste plek, gevolg deur Justin Walters (282), Jacques Kruyswijk (284), Louis de Jager (285) en Thomas Aiken en die jong Wilco Nienaber (albei 286).

Harding, wat verlede week nie eens met volle spelersregte by die Doha-gholfklub opgedaag het nie nadat hy derde in verlede jaar se Asiese reeks geëindig het, het die wiel nou behoorlik laat draai.

Dit was sy eerste oorwinning in 54 probeerslae in ’n toernooi in die Europese reeks en sy paadjie na sukses is nou geplavei.

Dit was ’n droom vir Harding wat bewaarheid is, maar dit was uiters senutergend terwyl hy vir die ander spelers moes wag om hul rondes te voltooi.

Harding het Sondagoggend in die laaste ronde drie houe agter die Engelsman Oliver Wilson afgeslaan. Die Suid-Afrikaner het vroeg in sy laaste ronde drie voëltjies aangeteken om saam voor te loop, maar sy kanse byna verspeel toe hy op 6de en 7de putjies houe aan syfer afgestaan het.

Maar nog twee voëltjies op die 10de en 11de putjies het hom terug in wedloop geplaas.

Nadat hy op die 15de, 17de en 18de putjies nog drie voëltjies aangeteken het, was hy die klubhuisvoorloper, en toe het die lang wag begin.

“Dit voel baie goed,” het Harding aan europeantour.com gesê, veral omdat hy twee keer tussen die topvyf en drie keer tussen die top20 in onlangse toernooie geëindig het.

Justin Harding met die Katar-Meesterstrofee nadat hy Sondag in Doha geseëvier het. Foto: Getty Images

,” het Harding gesê.

Harding het die vyfde Suid-Afrikaner naas Darren Fichardt, Ernie Els, Retief Goosen en Branden Grace (twee keer) geword wat dié toernooi kon wen.

europeantour.com.

Meer oor:  Doha  |  Gholf  |  Europese Reeks  |  Justin Harding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.