Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Hideki kan geskiedenis maak

Hideki Matsuyama van Japan het met sy uitstekende vertoning in die derde ronde hom in ’n posisie geplaas waar hy die eerste Asiatiese gholfspeler kan word om die Amerikaanse Meesterstoernooi te wen.

Hy het met vier houe voorgeloop nadat reën verrigtinge by die Augusta National-gholfbaan Saterdag onderbreek het.

Hideki Matsuyama loop voor ná die derde ronde van die Amerikaanse Meesterstoernooi. Foto: Getty Images

Matsuyama, wat die dag afgeslaan het met sy telkaart wat gewys het dat hy drie houe agter die oornag-voorloper Justin Rose was, het agt putjies gespeel ná ’n onderbreking van 78 minute weens die reën en het met merkwaardige syfers van 65, sewe onder baansyfer, gespog wat hom nou algeheel 11 onder baansyfer laat.

“Voor die toeter geblaas het, het ek nie ’n goeie dryfhou gespeel nie, maar ná die toeter weer geblaas het vir die hervatting, het ek elke hou getref presies soos ek wou,” het Matsuyama, wat laas in 2017 op die PGA-toer gewen het, deur middel van ’n tolk gesê.

“Hierdie gaan ’n nuwe ervaring wees om die voorloper te wees wanneer die laaste ronde aanbreek in ’n major.

“Al wat ek seker in die stadium kan doen is om vanaand te ontspan, goed voor te berei en net my beste te gee.”

Rose (72), wat opsoek is na sy eerste Groenbaadjie ná ’n paar toernooie waar hy dit net-net misgeloop het, was in die tweede plek saam met Xander Schauffele (68), die Australiër Marc Leishman (70) en die Meesters-debutant Will Zalatoris (71).

Matsuyama, 25ste op die wêreldranglys, het deur Armen Corner gestorm met ’n paar voëltjies en toe ’n arend by die 15de putjie behaal om die voortou te neem.

Voëltjies op die volgende twee putjies tesame met die eerste ronde van die toernooi sonder ’n hou oor baansyfer, het toegelaat dat hy die eerste Japannees word om voor te loop ná enige ronde in die Meesters.

Dit was ook sy beste ronde in tien Meesterstoernooie.

Rose was heel week in beheer van sake en was met twee houe voor kort nadat spel hervat het, maar kon daarna nie die ritme vind waarvoor hy gesoek het nie.

“Ek het nie goed genoeg gespeel nie, so eenvoudig soos dit,” sê Rose.

“Ek is bly ek het nog ’n kans om die geleentheid te hê om die titel te jaag en natuurlik sal ek ’n bietjie beter wil vaar.”

Charl Schwartzel loop voor onder die Suid-Afrikaners met een oor baansyfer wat hom in die gesamentlike 29ste plek plaas.

Louis Oosthuizen, twee oor, lê in die 38ste plek, met Christiaan Bezuidenhout in die 47ste plek met 4 oor. – Reuters, Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.