Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Higgo wen by Serengeti; Ritchie ook bly
Garrick Higgo het Sondag by die Serengeti-landgoed buite Kempton Park die Sonskynreeks se Toerkampioenskap met een hou gewen. Hier speel hy ’n naderhou in die derde ronde. Foto: Gallo Images

Garrick Higgo het Sondag by die Serengeti-landgoed in Kempton Park die Sonskynreeks se Toerkampioenskap en die toekenning as die beste jong gholfspeler gewen, maar daar was byna ewe veel vreugde vir JC Ritchie, wat 32ste geëindig het.

Ritchie was in ’n taai tweestryd met Danie van Tonder gewikkel om as die Sonskynreeks se geldwenner gekroon te word.

Van Tonder het 73 houe in die laaste ronde aangeteken en saam met Brandon Stone 10de geëindig, nege houe agter Higgo.

Maar dit was nie genoeg om Ritchie as voorloper op die geldwennerslys in te haal nie.

Die jong Higgo (hy word 21 in Mei) het op 269 houe, 19 onder die baansyfer, geëindig. Dit was een hou beter as Haydn Porteous (270) in die tweede plek.

Thriston Lawrence was derde (271), met Ockie Strydom vierde (272).

Higgo het Sondag een hou agter Strydom afgeslaan.

Hy het die eerste nege putjies in 33 houe voltooi sonder om ’n hou aan syfer af te staan.

Lawrence het tydelik die voortou geneem voordat Higgo twee voëltjies en ’n arend (asook ’n brouhou) behaal het om die ronde in 66 houe te voltooi en die titel te verower.

* Ritchie sal nou ’n uitnodiging ontvang na vanjaar se Britse Ope, die Nedbank-uitdaagtoernooi by Sun City en die Alfred Dunhill-linkstoernooi in Skotland. – Sportredaksie, Sonskynreeks

Meer oor:  Sonskynreeks  |  Gholf  |  Jc Ritchie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.