Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Immelman neem leisels by Els
Trevor Immelman van Suid-Afrika voer in 2021 die Internasionale span in die Presidentebeker-toernooi aan. Foto: Getty Images

Trevor Immelman neem by sy landgenoot Ernie Els oor as die kaptein van die Internasionale span vir 2021 se Presidentebeker-gholftoernooi.

Die Internasionale span kom volgende jaar by die Quail Hollow-buiteklub in die VSA teen die Amerikaanse span te staan.

Immelman, die Amerikaanse Meesterskampioen in 2008, was in Desember een van Els se onderkapteins toe die Internasionale span ná ’n titaniese stryd met 14-16 teen die Amerikaners in Melbourne verloor het.

“Ek het in 2005 as ’n 25-jarige in my eerste Presidentebeker-toernooi gespeel toe Gary Player ons kaptein was.

Dit is ’n ongelooflike eer om nou die span aan te voer en dit is ’n vooruitsig wat my baie opgewonde maak.
Trevor Immelman

“Dit was ’n ervaring wat ek nooit sal vergeet nie. Dit is ’n ongelooflike eer om nou die span aan te voer en dit is ’n vooruitsig wat my baie opgewonde maak,” het Immelman op die Presidentebeker se webwerf gesê.

Immelman het in 2007 ook in dié toernooi gespeel en het in sy loopbaan wêreldwyd 11 toernooie gewen.

Die oud-Kapenaar is die sewende kaptein van die Internasionale span en volg in die voetspore van Els (2019), Nick Price (2017, 2015, 2013), Greg Norman (2011 en 2009), Player (2007, 2005, 2003), Peter Thomson (2000, 1998, 1996) en David Graham (1994).

Immelman (40) is die Internasionale span se jongste kaptein.

“Ek dink dit sal dalk ’n effens nuwe dinamika bring om die jongste kaptein in die geskiedenis te word, maar dit was eintlik al verlede jaar die geval met Tiger (Woods, wat die VSA gelei het) en Ernie, wat albei nog baie mededingend is,” het Immelman gesê.

Ernie Els met sy eerste trofee as senior speler ná ’n sege met twee houe in die Hoag Classic-toernooi. Foto: Getty Images

Els het Immelman Dinsdag op Twitter gelukgewens met sy aanstelling.

Immelman sal hoop sy span kan die VSA se totale oorheersing in dié tweejaarlikse toernooi verbreek.

Die Amerikaanse span het 11 van die 13 toernooie sover gewen, waarvan die laaste sewe agtereenvolgens.

Die Internasionale span kon nog net een keer seëvier – in 1998 op Royal Melbourne, terwyl die louere in die 2003-toernooi op Fancourt se Links-baan gedeel is. – presidentscup.com

Meer oor:  Trevor Immelman  |  Ernie Els  |  Vsa  |  Kaptein  |  Gholf  |  Presidentebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.