Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Johnson loop voor in Kalifornië

Dustin Johnson se warm setyster en verbeterde akkuraatheid van die bof af het ná Saterdag se derde ronde van die Amerikaanse PGA-kampioenskap in San Francisco, Kalifornië, ’n voorsprong van een hou aan hom besorg.

Dustin Johnson in die derde ronde van die PGA-kampioenskap. Foto: USA Today

Johnson se agt voëltjies is die meeste deur hom in ’n enkele ronde in ’n major en het hom gehelp om ’n ronde van 65 (-5) aan te teken. Hy begin Sondag se laaste ronde nou as die voorloper met ’n telling van 201, nege onder syfer.

Hy is een hou voor Scottie Scheffler en Cameron Champ, met Collin Morikawa, Paul Casey en die tweemalige verdedigende kampioen, Brooks Koepka, almal twee houe agter die voorloper.

“My sethoue was goed. Dit was die deurslag,” sê Johnson.

Hy is ’n voormalige wêreld-nommereen en die Amerikaanse Ope-kampioen van 2016.

“Môre sal ek beslis meer op die skoonveld moet bly, want dis regtig moeilik om hierdie gholfbaan uit die ruveld te speel.” – Reuters

Telkaart.

Meer oor:  Pga-Kampioenskap  |  Gholf  |  Dustin Johnson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.