Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Johnson vereer vir sy puik sportmangees
Die Amerikaanse gholfspeler Payne Stewart, wat in 1999 in ’n vliegongeluk dood is. Foto: Getty Images

Zach Johnson, ’n 12-malige wenner in die Amerikaanse PGA-gholfreeks wat bekend is vir sy goeie maniere en puik sportmangees, is Woensdag aangewys as die ontvanger van vanjaar se Payne Stewart-prys.

Dié eer gaan jaarliks aan ’n gholfspeler wat die ontslape Stewart se respek vir die tradisie van die spel en sy toewyding om gholf se erfenis te bewaar versinnebeeld.

“Ek het nooit vir Payne ontmoet nie, maar ek is lief vir hom,” sê Johnson, ’n tweemalige major-wenner.

Zach Johnson is vir sy liefdadigheidswerk en sportmangees bekroon. Foto: Getty Images

“Ek is lief vir die manier waarop hy die spel gespeel het as ’n mededinger, maar ook hoe hy sy lewe gelei het weg van die gholfbaan. Hy was ’n ware rolmodel.”

Die 44-jarige Johnson is in Iowa City gebore en het 30 km noord in Cedar Rapids grootgeword, waar hy gholf as 10-jarige begin speel het. Hy het by die nabygeleë Elmcrest-buiteklub gespeel, wat nou die jaarlikse Zack Johnson-stigting se toernooi aanbied.

Voor sy stigting, wat teruggee aan die kinders en gesinne van Cedar Rapids, tot stand gekom het, het dié voormalige Meesters- en Britse Ope kampioen, welsynswerk gedoen om geld in te samel vir die vloedslagoffers van Iowa van 2008.

Johnson word op 2 September vereer tydens die Toer-kampioenskapstoernooi in Atlanta.

“Ek onthou dat ek na die Toer-kampioenskapstoernooi en die Payne Stewart-geleentheid gegaan het toe ek ’n groentjie was en gedink het: “Dit is die hoogtepunt van ’n gholfspeler se loopbaan. Dit is hoe jy die talente wat jy gegee is gebruik en ek weet dit is hoe Payne geleef het,” sê Johnson.

“Ek is baie dankbaar en geëerd. Ek hou nie daarvan om in die kollig te wees nie, maar tog hoop ek ek kan nou ’n klein deeltjie van sy nalatenskap wees.”

Vorige wenners van dié prys sluit in Byron Nelson, Jack Nicklaus, Arnold Palmer, Ben Crenshaw, Nick Price, Tom Watson, Gary Player, David Love III, Nick Faldo en Ernie Els.

“Zack sal sê hy is net ’n gewone ou van Cedar Rapids, maar inderwaarheid het hy een van die merkwaardigste stories die afgelope 25 jaar in die PGA-reeks ,” sê Jay Monahan, die kommissaris van die PGA.

Stewart is in 1999 in ’n vliegongeluk dood en het 11 PGA-toernooie gewen, insluitende drie majors. – Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Zach Johnson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.