Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Jong Deen maak geskiedenis
Rasmus Højgaard slaan Sondag af tydens die vierde ronde van die Mauritius Ope. Foto: Getty Images

Die 18-jarige Deense gholfspeler Rasmus Højgaard, wie se tweelingbroer, Nicolai, ook ’n beroepspeler is, het Sondag by die Heritage-gholfklub die Mauritius Ope op die derde uitspeelputjie gewen.

Højgaard, die Fransman Antoine Rozner en die Italianer Renato Paratore het saam eerste geëindig op 269, 19 houe minder as die baansyfer.

Op die eerste uitspeeltjie (18de) is Paratore uitgeskakel nadat hy sy bofhou regs van die skoonveld geslaan het en sy tweede hou in die water beland het.

Højgaard en Rozner het albei voëltjies op die tweede uitspeelputjie behaal waarna hulle ’n derde keer op die 18de moes afslaan.

Højgaard het ’n arend behaal en die derde jongste speler geword wat in die Europese reeks kon wen.

Suid-Afrika se Louis de Jager (270) het saam met Benjamin Hebert van Frankryk, Grant Forrest (Skotland) en Thomas Detry (België) vierde geëindig. – europeantour.com

Meer volg later

Meer oor:  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.