Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
10 Vrae
JP 'chip maar in tuin of putt op mat'

JP van der Watt is ’n belowende gholfspeler wat onlangs die Humewood Gholfklub in Port Elizabeth se Kampioenskapstoernooi gewen het. Michael Green het met hom gesels.

JP van der Watt. Foto: Verskaf

1. JP, waarvoor staan jou voorletters?

Dit staan vir Jean-Pierre. My pa se naam is Pierre en ek is na hom vernoem.

2. Jy is tans ’n eerstejaar B. Comm-student by die Nelson Mandela-Universiteit. Wat is jou werkplanne?

Ek wil eintlik my eie besighede in die toekoms begin.

3. Watter gholfbaan in George, waar jy grootgeword het, is jou gunsteling?

George Gholfklub sal altyd ’n spesiale plek in my hart hê.

4. Sukkel jy as student nie om gereeld gholf te speel nie? Dis mos nogal duur?

Die NMU kyk mooi na die gholfspan en help met lidmaatskap en sulke goed.

5. Wanneer het jy as student voor die Covid-19 pandemie tyd gemaak vir gholf?

Tussen klasse en oor naweke, partykeer twee keer ’n dag.

6. En nou?

Ek chip maar in die tuin of putt op die mat.

7. Vertel meer oor die Humewood-toernooi?

Die ouens teen wie ek gespeel het, is rêrig baie goeie gholfers en ek weet ek sou nie kon wen sonder God wat saam met my gestap het nie.

8. Het jy al by Humewood gespeel as die wind stomsterk pomp?

Een keer en die baan word regtig ’n monster, maar dis een van my gunstelingbane.

9. Het jy enige ambisie om eendag beroepsgholf te speel?

Ja, maar ek het nog ver om te loop.

10. Wie is jou gunsteling gholfspeler?

Rafa Cabrero-Bello. Hy is baie soos ek wat ook van surf en ander tipe goed ook hou.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.