Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Kaptein Tiger wil self speel in Oz
AUGUSTA, GEORGIA - APRIL 14: Tiger Woods of the Un
Tiger Woods. Foto: Getty Images

Hy kon nog nie weer enige vuurwerk lewer sedert sy sensasionele sege in die Amerikaanse Meesterstoernooi in April nie – maar moenie dink dit sal Tiger Woods daarvan weerhou om homself in die Amerikaanse span vir vanjaar se Presidentebeker-kompetisie in te sluit nie.

Inteendeel, sy insluiting in die twaalftal wat Ernie Els se Internasionale span in Desember in Melbourne gaan pak, is iets waarop hy net Vrydag weer gesinspeel het.

Woods, die kaptein van die Amerikaanse span, het ’n bloginskrywing op die Presidentebeker se amptelike webtuiste onderteken deur die woord “Captain” dood te trek en langsaan “Playing Captain” te skryf.

Die agt spelers wie se onlangse vertonings goed genoeg was om outomatiese insluiting in die Amerikaanse span te regverdig, is reeds aangekondig, maar Woods se vier kapteinskeuses sal eers op 4 November bekend gemaak word.

Die kaptein self het in die laaste vyf maande net in ses toernooie gespeel en een toptien-uitslag behaal. Hy het vroeër volgens die AFP gesê hy het nog nie die moontlikheid dat hy self sal speel buite rekening gelaat nie, ondanks ’n knieoperasie in Augustus, maar hy sal sy assistent-kapteins raadpleeg voordat hy sy eie naam in die 12-tal insluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.