Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Kingston storm na senior SA Ope-titel
James Kingston het nou die Suid-Afrikaanse Ope vir Seniors gevoeg by die SA Ope-gholftitel wat hy in 2007 gewen het.

Suid-Afrika se James Kingston het gister in Plettenbergbaai die Suid-Afrikaanse Ope vir Seniors gevoeg by die SA Ope-gholftitel wat hy in 2007 gewen het.

Dit was Kingston (53) se 19de toernooi-oorwinning en sy eerste sege in die reeks vir senior spelers.

Kingston het op 281 houe geëindig nadat hy 71 houe in die laaste ronde aangeteken het. Hy het ’n allemintige nege houe voor Chris Williams (290) geëindig. Williams het 69 houe in die laaste ronde aangeteken.

Bobby Lincoln, Mark McNulty en Neil Cheetham van Engeland, was gesamentlik derde op 295, met Kevin Stone, die voorloper op die verdienstelys, ’n verdere hou (295) terug.

“Om twee SA Ope’s te wen, is baie spesiaal. Ek het dit halfpad deur die ronde besef en dit was die eerste keer dat ek kon ontspan en dit geniet het,” het Kingston gesê.– Sportredaksie

Meer oor:  James Kingston  |  Plettenbergbaai  |  Sonskynreeks  |  Gholf  |  Sa Op Vir Seniors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.