Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Kitayama oorkom tamheid

Ná sy oefenrondtes was dit vir Louis Oosthuizen haas onverstaanbaar dat iemand verlede jaar tydens die Joburg Ope ’n 61 op Randpark se Bushwillow-baan kon aanteken.

Ernie Els is die ene konsentrasie in die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse Ope. Foto: Gallo Images

Min het hy toe geweet hyself sou die baan Donderdag in die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse Ope met ’n foutlose 62 bloedneus slaan.

Oosthuizen het Donderdag ’n droom-terugkeer na die SA Ope (waarin hy in 2010 laas gespeel het) gemaak, toe hy die dag as die 18 putjie-voorloper afgesluit het.

Later, in die middagsessie, het die Zambiër Madalitso Mutjiya en Amerikaner Kurt Kityama op onderskeidelik Bushwillow en Firethorn (Randpark se ander baan) rondes van 63 aangeteken om ná die eerste ronde gesamentlik tweede te lê.

“Ja, dis ’n lekker telling om mee terug te keer na die SA Ope,” het ’n glimlaggende Oosthuizen oor sy 62 gesê. “Ek het heeltyd goed gespeel, hier en daar ’n goeie sethou ingerol en die bal goed gedryf. Dit maak die baan korter, jy kan dan die kort ysters uithaal.

“Ek onthou ek het gister gesê ek wonder hoe iemand verlede jaar 61 op Bushwillow aangeteken het. Dit was ’n vreemde rondte. Daar was baie putjies waar jy die drywer windaf kon slaan en dan regtig naby die setperke gekom het.

“By ’n hele paar putjies het ek met my naderhou minder as 65 meter na die setperk oorgehad. As jy goed op die baan set, kan jy beslis ’n goeie telling opstel.”

Die SA Ope vind vanjaar vir die eerste keer op twee bane plaas en met ’n reuse veld van 240 spelers. Oosthuizen was in aksie op die nuwer Bushwillow, waar hy nog nooit voorheen gespeel het nie.

Dit was sielkundig baie uitputtend om te probeer kalm bly en deur die hele laaste ronde aan die voorsprong te probeer klou.

Hy sal vir die volgende drie dae op Firethorn speel, die ouer baan waar hy en Charl Schwartzel mekaar 22 jaar gelede as juniors vir die eerste keer ontmoet het. Al die spelers wat Vrydag se afsnypunt oorleef, sal Saterdag en Sondag op Firethorn speel.

“Ek is bly Bushwillow is nou agter my, ek kan daardie meterboek by die venster uitgooi,” het hy gesê. “As jy dit andersom doen kan dit dalk jou momentum breek.”

Dis nou reeds byna drie jaar sedert Oosthuizen se laaste sege, vroeg in 2016 in Perth, maar hy sê hy voel positief dat die wendroogte gou sal eindig.

“My gholf beweeg in die regte rigting en ek hou van waar dit nou is,” het hy gesê.

Kurt Kitayama. Foto: Gallo Images

Kitayama, wie se 63 ’n nuwe baanrekord op Firethorn is, het net verlede week die Mauritius Ope gewen, en gesê hy was redelik lam en tam daarna.

“Dit was sielkundig baie uitputtend om te probeer kalm bly en deur die hele laaste rondte aan die voorsprong te probeer klou.

“Ek het moeg gevoel tydens (die SA Ope se) Pro-Am-toernooi en toe besluit om Woensdag net nege putjies te speel, sodat ek kon uitrus. Ek dink dit het my beslis gehelp,” het hy gesê.

Ernie Els, die toernooi-gasheer, was kortstondig in die oggendsessie die voortou en het die dag uiteindelik op 66, vier houe agter Oosthuizen, voltooi. Hy het sy setyster die krediet gegee.

“Dit was baie winderig vir Johannesburg en dit was ’n uitdaging. Dis moeilik om die bal naby die vlaggie te kry (van die skoonveld af), maar ek het ’n paar baie goeie sethoue oor die eerste nege geslaan en toe oor die laaste nege net vasgeklou om syfers te red. Ek is baie tevrede daarmee,” het hy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.