Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Koepka klop Woods om PGA-kroon
Brooks Koepka, wenner van die 100ste PGA-kampioenskap. Foto: Getty Images

Brooks Koepka het Sondag op dramatiese wyse die aanslae van Tiger Woods en Adam Scott afgeweer om by die 100ste PGA-kampioenskap te seëvier.

Supersport.com berig die 28-jarige Amerikaner, wenner van twee Amerikaanse Ope-titels, het sy derde major-kroon beklink deur die laaste ronde in 66 houe te voltooi.

Koepka het sedert Donderdag 72 putjies by die Bellerive-klub in St. Louis in die VSA in 264 houe (16 onder baansyfer) voltooi om sy landgenoot Woods met twee houe uit te stof, terwyl die Aussie Scott (267) in die derde plek geëindig het.

“Dit is ongelooflik om dit te kon vermag,” sê Koepka.

“Ek kon hoor hoe die mense Tiger aanmoedig. Dit was pret, dit het dinge genotvol gemaak.”

Woods het toeskouers getrakteer op die soort spelpeil wat aan hom 14 major-titels besorg het, maar Koepka het kalm gebly om die Wanamaker-trofee en prysgeld van $1,98 miljoen (R29,1 miljoen) syne te maak.

Onder die Suid-Afrikaners het Brandon Stone die beste gevaar deur agt houe agter die wenner klaar te maak. Branden Grace (274), Dylan Frittelli (275) en Charl Schwartzel (277) het die toernooi Sondag met rondes van onderskeidelik 68, 68 en 75 houe voltooi.

Volledige uitslae.

– Sportredaksie

Meer oor:  Pga-Kampioenskap  |  Tiger Woods  |  Gholf  |  Brooks Koepka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.