Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Koepka kookwater op Bellerive
Die Amerikaner Brooks Koepka Saterdag in aksie op die Bellerive-baan in St. Louis. (Foto: Getty Images)

Amerika se Brooks Koepka sal Sondag sy derde Major-gholftitel jaag nadat hy in die derde ronde van die Amerikaanse PGA-kampioenskap op die Bellerive-baan in St. Louis ‘n 66 gespeel het.

Die telling van vier beter as die baansyfer, bring sy totaal na drie rondes op 198 te staan, 12 beter as die baan en twee beter as sy naaste uitdager, Adam Scott van Australië.

Op nege beter beter as baansyfer is dit die Amerikaners Rickie Fowler en Gary Woodland wat saam hul landgenoot die louere sal soek, asook Spanje se belowende jong Jon Rahm.

Die 28-jarige Koepa het Saterdag stil-stil onder die radar gevlieg, met alle oë wat eerder op die voormalige nr.1-speler ter wêreld Tiger Woods gerig was.

Met goeie reg ook: die superster was lank buite aksie na ‘n rugoperasie, maar is skynbaar terug met mening. Sy telling van 66 Saterdag het hom op agt beter as die baansyfer binne trefafstand van Koepka geplaas voor Sondag se laaste 18 putjies.

’n Welverdiende glimlag! Charl Schwartzel het Vrydag teen die voorlopersbord van die Amerikaanse PGA-kampioenskap opgestorm, toe hy agt voëltjies in ’n ronde van 63 (-7) aangeteken het. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se hoop sal op Charl Schwartzel gevestig wees om die feitlik onmoontlike te vermag. Hy is saam met Woods op agt beter as die baan na sy bestendige 69 Saterdag. 

Een hou agter hom is sy landgenoot Brandon Stone ook gunstig geplaas om Sondag ‘n verrassing of twee te lewer.

Maar wie dit ook al wil doen, sal die 28-jarige Koepka moet uitoorlê, wat strykdeur vuurwarm gholf op die Bellerive-baan opdis.

– Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Brooks Koepka  |  Charl Schwartzel  |  Amerika  |  Gholf  |  Pga-Kampioenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.