Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
KYK: 3 j. skorsing vir middelvinger

Die voorste geldverdiener in Korea se beroepsgholf-reeks is vir drie jaar geskors nadat hy ’n toeskouer wat geraas gemaak het met sy selfoon, die middelvinger gewys het.

Bio Kim se gholfloopbaan is skielik tot stilstand geruk. Foto: Getty Images

GolfChannel berig Bio Kim, nr. 302 op die wêreldranglys, het met een hou voorgeloop in die Volvik Daegu Gyeongbuk-ope toe ’n toeskouer op die 16de putjie ’n foto met sy selfoon neem.

Kim was woedend toe hy in die middel van sy gholfswaai die klank van die kamera hoor. Hy het gedraai, ’n obskure teken in die rigting van die toeskouers gemaak en sy stok op die grond geslaan.

Korea se gholfbeheerliggaam (KPGA) het die 29-jarige speler geskors en met $8 350 beboet, al het hy by ’n KPGA-noodvergadering voor joernaliste op sy knieë gegaan en onvoorwaardelik om verskoning gevra.

Kim, wat in 2011 in die Amerikaanse PGA-reeks meegeding het, het uiteindelik die toernooi gewen, sy tweede oorwinning van die jaar.

Die KPGA sê in ’n verklaring Kim het “die integriteit van ’n gholfspeler skade berokken deur ’n oortreding van etiket en ongepaste optrede”.

Kim was boonop die voorste puntemaker in die reeks die jaar, maar sal weens sy skorsing nie die seisoen kan voltooi nie.

– Sportredaksie

Meer oor:  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.