Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
KYK: Brooks kap kritici van sy naakfoto’s
Die frisgeboude Koepka het meer as 10 kg verloor ter voorbereiding van sy fotosessie vir ESPN se The Body Issue. Foto: Getty Images

Brooks Koepka (29), die wêreld se voorste gholfspeler, het sy mond uitgespoel nadat die eerste naakfoto’s van sy sessie vir ESPN se The Body Issue onthul is.

Die Amerikaner is in Maart deur gholfkommentators gekritiseer toe hy meer as 10 kg verloor het ter voorbereiding vir sy fotosessie vir die tydskrif, wat volgende maand op die rakke verskyn. Sy gewigsverlies het gepaard gegaan met swak vertonings in drie agtereenvolgende toernooie.

Twee PGA-seges ná afloop van die fotosessie – insluitend die PGA-kampioenskap – het Koepka egter ’n direkte pad na die Tour Championship gegee, waar hy ná die eerste ronde die gesamentlike eerste plek beklee.

Die frisgeboude Koepka het in Maart van 95 kg na 84 kg geval en erken dit het hom byna 10 m in afstand op sy dryfhoue gekos.

Dit het daartoe bygedra dat hy onder die valbyl beland het en twee ander swak vertonings gelewer het by groot toernooie in die aanloop tot die Meesters in April.

Brandel Chamblee, voormalige PGA-speler en deesdae televisiekommentator, het Koepka geroskam vir “die ergste selfsabotasie wat ek tot nog toe van ’n atleet in sy fleur gesien het”.

Maar Koepka het tweede agter Tiger Woods by die Meesters geëindig voordat hy die PGA-kampioenskap in Mei beklink het, sy vierde major-titel. Hy het boonop in Julie die elite-WGC-Memphis-toernooi gewen.

Stuff berig Koepka het ’n boodskap vir sy kritici gehad ná afloop van die eerste ronde van die Tour Championship.

“Al hierdie mense wat op sosiale media nonsens praat: Hulle het nie die moed om dit (die fotosessie) te doen nie en hulle sou ook nie goed lyk nie,” sê hy.

Koepka het Donderdag die eerste naakfoto van homself op sy Instagram-blad gedeel.

The Body Issue word jaarliks uitgereik, met dosyne atlete wat in naak- en halfnaakfoto’s in die tydskrif verskyn.

“Dit is ’n bietjie vreemd om naak te poseer, die eerste keer wanneer jy jou klere voor 30, 40 mense uittrek,” sê Koepka.

“Dit is iets wat ek wou doen. Om daarvoor gekies te word, moet jy een van die bestes in jou sport wees.”

Die viermalige major-kampioen Rory McIlroy en Koepka se Amerikaanse landgenoot Rickie Fowler het sy besluit om naak te poseer ondersteun.

“Ek weet Brooks het hard daarvoor gewerk,” sê McIlroy.

Fowler voeg by: “Ek dink dit verg knaters om dit te doen, letterlik.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Gholf  |  Brooks Koepka  |  The Body Issue  |  Espn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.